
Sign up to save your podcasts
Or


RENÉ JANSE VAN RENSBURG, dieetkundige en joga–instruktrise, glo dis nie nodig om al die lekker uit eet te haal om ’n gesonde leefstyl te handhaaf nie. Laat daarom elke dag iets kleins, maar lekker toe.
Aanvaar eers jouself en jou lyf, dan glo JANINE TRUTER, ook ’n voormalige model, kan jy begin om realistiese doelwitte te stel om ’n gedissiplineerde dieet, oefenprogram en roetine te volg.
’n Konsekwente velsorgroetine, gesonde eetgewoontes, gereelde gesigbehandelings en om lief te wees vir jou vel kan verseker dat jy natuurlik mooi lyk, glo ESNA COLYN, uitvoerende hoofbeampte van Imbalie Beauty.
Bates is enigiets van geldwaarde wat jy besit. Dit is belangrik om te weet hoe bates werk, wat die verskillende soorte is en hoe om dit effektief te bestuur om jou finansiële oorlewing te verseker.
Christenskap beteken nie dat ons op die aarde geplaas is om ander te veroordeel nie. Daar is min dinge waaroor Jesus Homself so skerp uitgespreek het soos oor godsdienstige skynheiligheid, oordeel en geestelike hoogmoed
Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly.
From the publisher's feed