Wanneer dit by jou gesondheid kom, is ’n kopskuif dikwels nodig. Maak vandag nog ’n keuse om gesonder te leef. Stiaan Ras, ’n fiksheidkenner, het ook dié besluit geneem en kyk nie terug nie.
Met elke seisoen van jou lewe is daar geleentheid vir geestelike groei. Die vrug van die Gees ontwikkel in jou. God laat jou toe om te bloei en te blom. Maar dit bring ook verantwoordelikheid mee.
Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat hierop volg nie.
Dis nie altyd maklik om te erken jy was verkeerd nie. Ook nie om jammer te sê vir wat jy gedoen het nie. ’n Opregte verskoning is egter die manier om weer aan jou verhouding te begin bou nadat jy verbrou het.
Kinders is deesdae onder aansienlike druk om baie vriende te hê. Maar anders as in ons jongdae is die vriende nie skoolvriende of maatjies wat in dieselfde straat bly nie, dit is virtuele of aanlyn vriende.
Hoeveel keer hoor ’n mens nie iemand kla dat sy nou net blaarslaai eet nie, maar steeds nie gewig verloor nie. Dit voel hoe minder sy eet, hoe meer gewig tel sy op!
Emosionele veiligheid is net so belangrik soos liggaamlike veiligheid. Daarom moet jou huis vir jou gesin ’n veilige hawe wees waarheen hulle kan vaar om fisiek en emosioneel te kom rus en te herlaai.
Vrees is noodsaaklik. Dit help ons om aan die lewe te bly en voorkom dat ons dom dinge doen. Dit kan egter ook beperkend wees en verhoed dat ons die suksesse behaal waarna ons streef.
Ons kan nie die weer, ander mense of omstandighede beheer nie. Dis beter om beheer oor te gee en te laat gaan. Dit bring vrede as ons glo alles sal oukei wees, sê LEZELLE MJDC
5 min
About Voelgoed Podsendings
From the publisher's feed
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.