Jou verlede beïnvloed hoe jy oor geld voel en wat jy daarmee doen. Dit speel ook ’n rol in hoe jy jou toekomsbeplanning benader. Dit is tyd om van jou finansiële bagasie ontslae te raak.
Dit is belangrik om soms van al die onnodige goed wat ons opgaar – ook dié op ons selfone – ontslae te raak en reg te pak. Verbeter die werkverrigting en sekuriteit van jou gesin se digitale toerusting deur dit gereeld “skoon” te maak.
Elkeen van ons het ’n hunkering binne ons. Sommiges dink dat drank, dwelms, seks, roem, besittings of geld hierdie leemte kan vul. Maar net Een kan ware vrede en vervulling bring.
Net soos elke slot met ’n sleutel gemaak word wat daarin pas, is daar vir elke probleem ’n oplossing. Hoe jy by die gewenste resultaat uitkom, sal afhang van die soort vrae wat jy vra.