Stiltetyd is om te aanbid, te luister, dankie te sê en jou lewe in lyn met Sy wil te bring. Dit verander nie noodwendig onmiddellik jou omstandighede nie, maar dit verander jou, sê LIESEL KRAUSE–WIID.
Belustigheid (cravings) is die diepe begeerte of drang wat ’n mens ervaar om iets spesifiek te eet. Dit is dikwels allesoorheersend. Jy voel jy gaan nie rus vir jou siel kry nie. Jy moet nou daai sjokolade, of waarvoor jy ook al lus is, verslind. G’n krieseltjie mag oorbly nie!
Of dit nou ’n nuwe dieet of oefenprogram is, of selfs net om ’n bietjie netjieser te leef. Begin elke dag met goeie voornemens. En moenie opgee omdat dit te moeilik of te veel is, of omdat jy nie tyd het nie.
Daar is ’n verskil tussen ’n kind wat dink ’n vloekwoord is maar net nog ’n woord en ’n kind wat jou in die oë kyk en onwelvoeglike uitdrukkings uiter. Hoe hanteer ons dit?
Daar is min twyfel oor die belangrikheid van gesonde en gebalanseerde eetgewoontes vir algemene fisieke gesondheid. Dit beïnvloed immers ook jou geestelike welstand.
In elkeen van ons se lewe vind ’n mens drie soorte verwantskappe: vriende uit ons verlede, vriende in die hede en vriende vir die toekoms. Hierdie mense beskou en benader ons uit die verskillende tydsdimensies.
3 min
About Voelgoed Podsendings
From the publisher's feed
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.