
Sign up to save your podcasts
Or


Oudio om te luister voordat jy met die aanlyn kursus, Hoor God se stem deur Lynette Beer, begin.
Oudio om te luister as jy klaar is met die aanlyn kursus, Hoor God se stem deur Lynette Beer.
Niemand kan die trauma ontken nie, maar jy gaan jouself bemagtig op allerlei vlakke. Na hierdie seisoen gaan jy weet wie jy is en waartoe jy in staat is. Jy gaan sterker en wyser groei om dalk later weer as ’n gelykwaardige vennoot in ’n nuwe verhouding in te stap.
As jy besluit om jou man te verlaat, moet jy maatreëls te tref om jou en jou kinders se fisiese, finansiële en emosionele veiligheid te verseker. Om jou huwelik te verlaat, is baie stresvol. Maar jy kan dit oorleef met geloofsvertroue en die regte praktiese optrede en professionele bystand.
As jy enigsins hoop het, as jy enigsins glo daar is ’n kans vir oorlewing vir jou huwelik, hou aan om te veg. Daar is soveel mense wat om die verkeerde redes hulle huwelik verlaat. Kry die regte ondersteuning en wees voorbereid op ’n krisis. Verken jou grense en beskerm jouself.
Mense verander nie maklik nie, en beslis nie teen hulle wil nie. Verandering vind slegs plaas as die een wat moet verander die situasie ook so insien en instem om iets te doen om te verander. Hoe weet jy of sy berou opreg is of net maar ’n manipulerende taktiek?
Ontrouheid word gewoonlik uitgebeeld as die dood van ’n verhouding – die ergste gebeurlikheid, naas die dood van ’n eggenoot. En baie mense beskou affairs as die hoogste verraad, maar daar is wel paartjies wat die seer oorwin en huwelike wat die trauma oorleef.
From the publisher's feed