Dunay van Heerden is ’n berader met ’n meestersgraad in sielkunde en besondere belangstelling in spelterapie.Saam met haar man, Kurt Darren, bedryf hulle sy loopbaan en hulle gesin. As ma wil sy jou aanmoedig om nie jou hele menswees in die rol van ma te vestig nie. Ma's voel geliefd as hulle onmisbaar in hulle gesinne is, maar moenie jou identiteit as vrou verloor nie. Jy is ook ’n eggenoot, vriendin, kollega en nog soveel meer!