
Sign up to save your podcasts
Or


Ons onderskat die krag van woorde, ook in ons eie gedagtes. Praat mooi en opbouend met jouself en vermy slegte gedagtes en kritiek. Dit wat jy dink, het ’n groot uitwerking op jou selfliefde. Jou gedagtewêreld moet ʼn mooi, lekker omgewing wees.
Ons onderskat die krag van woorde, ook in ons eie gedagtes. Praat mooi en opbouend met jouself en vermy slegte gedagtes en kritiek. Dit wat jy dink, het ’n groot uitwerking op jou selfliefde. Jou gedagtewêreld moet ʼn mooi, lekker omgewing wees.
Jy weet hoe belangrik dit is om jou denke te bestuur. Jy het gekies om positief te dink oor ander mense en oor kos. Nou moet jy aanhou fokus op alles wat opbouend is vir jou siening oor jouself. Komplimente en gesonde vriendskappe is belangrik hiervoor.
Hoe jy dink bepaal jou gemoed vir die dag. Werk doelbewus aan jou denke om positief te wees. Sien die goeie in mense en situasies raak. Binnekort sal jou gedagtes help om jou selfbeeld te versterk.
Jou daaglikse roetine en aktiwiteite het ’n groot uitwerking op hoe positief jy voel. Pas dinge soos jou gereelde oefening en dieet aan om by jou lewe te pas en jou gesond en tevrede te hou.
Jou omgewing beïnvloed onbewustelik jou gemoed. Is dit goed soos te veel blootstelling aan sosiale media of ’n kas vol te klein klere? Unfollow, maak minder en maak skoon vir meer geluk.
Dit is belangrik om jou doelwitte te bereik soos jy groei en ontwikkel, maar dit is ook noodsaaklik om pret te hê. Stel realistiese doelwitte vir jouself en moenie onrealistiese verwagtinge koester nie.
Liggaamspositiwiteit is om lief te wees vir jouself en ander, ongeag voorkoms. Dit bevorder geluk, aanvaarding en gesondheid. Leer om op sterkpunte en eienskappe, wat nie fisiek van aard is nie, te fokus.
From the publisher's feed