
Sign up to save your podcasts
Or


Dryf die strewe na perfeksie jou ook om altyd meer te doen en altyd te voel dat jy nie goed genoeg is nie? Dit maak van ons besige mense wat altyd onvergenoegd is en nie genoeg fokus op verhoudings plaas nie. Om kalm en selfversekerd te leef, moet jy rus vind in jou geloof.
Dis menslik om jou foute en mislukkings voortdurend te onthou. Die verlede kan keer dat ’n mens in die hede fokus op jou sterkpunte en jou oopstel vir vernuwing deur die Gees. Om die vrede met wat agter jou is te maak, moet jy leer vergewe. Vir gesonde selfvertroue moet jy dit doen.
In die moeilikste omstandighede kan jy steeds positief van jouself praat en positief optree. Niks kan jou skei van God se teenwoordigheid in jou omstandighede nie. Om jou geloofsverhouding gesond te hou moet jy daadwerklik en gereeld stilword, lees en leer, bid en luister.
Dunay van Heerden is ’n berader met ’n meestersgraad in sielkunde en besondere belangstelling in spelterapie.Saam met haar man, Kurt Darren, bedryf hulle sy loopbaan en hulle gesin. As ma wil sy jou aanmoedig om nie jou hele menswees in die rol van ma te vestig nie. Ma's voel geliefd as hulle onmisbaar in hulle gesinne is, maar moenie jou identiteit as vrou verloor nie. Jy is ook ’n eggenoot, vriendin, kollega en nog soveel meer!
Serahni Symington is ’n gekwalifiseerde berader en het haar PhD in Sielkunde voltooi. Sy spesialiseer in spelterapie en as ma glo sy: Jou kinders sal goed uitdraai, ongeag die ure wat jy nie by hulle is nie. As jy soos die meeste werkende ma's is, voel jy dalk asof jy altyd tekort skiet wanneer dit kom by genoeg doen vir jou kinders. Maar jy kan glo jy en hulle is oukei ... regtig!
Mandi du Plooy-Baard is ’n vryskut aktrise, aanbieder, stemkunstenaar en radio-omroeper. As ma wil sy jou verseker: Ja, jy gaan faal, MAAR daar is nie ’n beter ouer as jy vir jou kind nie. Vergewe jouself vir foute wat gemaak is en hoe jy dit hanteer het. God het jóú gekies. Streef daarna om die beste weergawe van jouself te wees.
Reandi Grey is ’n aktrise en die ontwerper van haar eie klerereeks. Sy glo as ma: Die belangrikste van alles is jou kind pas glad nie in ’n boksie nie en dit is oukei. Vergeet van die woord "normaal", want hierdie woord sal die vreugde van ouerskap by jou steel. Geniet eerder die avontuur met die naam "ma-wees".
From the publisher's feed