Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about WAT Met Willim Welsyn Podcast:How many episodes does WAT Met Willim Welsyn Podcast have?The podcast currently has 175 episodes available.
September 06, 2018Episode 151. - Wynand MyburghWillim is terug in die garage. En hy gesels met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar wat onlangs die SAMA vir Best Rock album gewen het. Hulle gesels oor alles: skooldae, Bellville, musical influences, geloof, die begin van Fokof, die kerk, die beursie insident, die begin van Van Coke Kartel, die toere, die t-shirts… oor alles....more1h 59minPlay
March 02, 2018Episode 150. - Behind The Scenes & Cheers Vir EersWillim antwoord 'n paar van die WAT Podcast-luisteraars se vrae voor hy 'n break vat van die show. ...more39minPlay
March 01, 2018Episode 149. - Willem Samuel (Deel 2)Die tweede en laaste deel van Willim se gesprek met Willem Samuel. ...more1h 2minPlay
March 01, 2018Episode 148. - Willem Samuel (Deel 1)Willem Samuel het sy eerste comic in Bitterkomix gepubliseer toe hy 20 jaar oud was voor hy sy kunsgraad voltooi het onder die leiding van Anton Kannemeyer. Hy was vir 'n geruime tyd die Art Director by Supa Strikas en daarna London toe waar hy begin skryf en teken het aan sy grafiese roman Mengelmoes. Hy’t ook die heruitgawe van die legendariese Swart Kat-reeks ge-illustreer. Sy band Skree Alleen het onlangs ’n EP – Langafstand – uitgereik en op die 6de Maart 2018 kan jy die opening van sy uitstalling gaan kyk en luister by die Woordfees op Stellenbosch: Skree Alleen is ’n stilgebore, vroeë naughties punk band wat dié multi-dissiplinêre kunstenaar her-animeer deur ‘n samevlegting van installasie, musiek en animasie. Die lirieke is die katalisator vir ‘n singende uitstalling wat die besoeker ‘n anderwêreldse ervaring van musiek en digkuns gee en heelweek ervaar kan word. Skree Alleen tree eksklusief op tydens die openingsgeleentheid....more1h 6minPlay
February 23, 2018Episode 147. - Kobus GallowayKobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het. ...more1h 51minPlay
February 09, 2018Episode 146. - Jaco van der MerweJaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente gevoelens t.o.v. Afrikaner-identiteit.Wikus de Wet en Jaco van der Merwe is ook tans besig met 'n crowdfund campaign en hulle benodig jou ondersteuning om die eerste 250 uitgawes van hulle fotogedigteboek - "WAT BINNE IS" - te druk en versprei. ...more2h 34minPlay
February 01, 2018Episode 145. - Arno CarstensArno Carstens hang deesdae weer in Bellville uit want The Springbok Nude Girls is besig om ’n nuwe album te record. Dus moes dié legendary singer songwriter en frontman kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuutste album Aandblom 13, sy kinderdae op Worcester, die rock Renaissance van Stellenbosch in die 90s, meeste van die Nude Girls se albums, open vir die Stones, paint parties saam Beezy Baily en nog vele meer....more1h 8minPlay
January 26, 2018Episode 144. - Jack ParowJack Parow is ’n rapper. Hy kom kuier in die garage en gesels oor sy kinderdae, sy eerste jobs, sy nuwe album, sy vorige albums, sy collaborations, sy tv-shows, hoe om goeie PR-damage control te doen en wat se invloed brands het op die musiekbedryf. Geborg deur Evolver Signs and Graphics....more2h 25minPlay
January 18, 2018Episode 143. - Francois van AsFrancois van As is ’n Kaapse komediant wat sy kitaar en song writing skills gebruik om mense te laat lag. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy kinderdae op Bredasdorp, wat alles daar by Spar gebeur het, sy eerste band Plofmot, hoe hy die redakteur van die skoolkoerant geword het en die dae toe hy Kunskafee (wat toe later The Rabbit Hole geword het) in Durbanville besit het. In 2016 wen hy die Comedy Central Africa Grab the Mic toekenning, so hy gesels ook die verhouding tussen musiek en komedie....more1h 20minPlay
January 11, 2018Episode 142. - Le Roi Nel en Gerdus OosthuizenLe Roi Nel was die hoofsanger en kitaarspeler in Foto Na Dans en Gerdus Oosthuizen was die kitaarspeler en tweede sanger in New Holland, twee baie populêre rock bands uit Bellville. Le Roi en Gerdus kom kuier al die pad van Duitsland af om te gesels oor hulle nuwe band Sons Of Settlers, hoe dit is om musiek te maak in Duitsland en wat alles in die dae van New Holland en Foto Na Dans gebeur het....more2h 3minPlay
FAQs about WAT Met Willim Welsyn Podcast:How many episodes does WAT Met Willim Welsyn Podcast have?The podcast currently has 175 episodes available.