
Sign up to save your podcasts
Or


Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
(Kol. 3:12-13 Afrikaans OV)
En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
(Luk. 6:37 Afrikaans OV)
Put on therefore, as the elect of God, holy and beloved, bowels of mercies, kindness, humbleness of mind, meekness, longsuffering; Forbearing one another, and forgiving one another, if any man have a quarrel against any: even as Christ forgave you, so also do ye.
(Col 3:12-13 KJV)
Judge not, and ye shall not be judged: condemn not, and ye shall not be condemned: forgive, and ye shall be forgiven:
(Luk 6:37 KJV)
Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
(Spr. 3:5-6 Afrikaans OV)
Trust in the LORD with all thine heart; and lean not unto thine own understanding. In all thy ways acknowledge him, and he shall direct thy paths.
(Pro 3:5-6 KJV)
Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ‘n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.
(Jes. 26:10 Afrikaans OV)
Let favour be shewed to the wicked, yet will he not learn righteousness: in the land of uprightness will he deal unjustly, and will not behold the majesty of the LORD.
(Isa 26:10 KJV)
Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
(Deut. 30:14 Afrikaans OV)
En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
(Luk. 6:46 Afrikaans OV)
En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
(Jak. 1:22 Afrikaans OV)
But the word is very nigh unto thee, in thy mouth, and in thy heart, that thou mayest do it.
(Deu 30:14 KJV)
And why call ye me, Lord, Lord, and do not the things which I say?
(Luk 6:46 KJV)
But be ye doers of the word, and not hearers only, deceiving your own selves.
(Jas 1:22 KJV)
Was die Kusiete en die Libiërs nie ‘n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het; want die HERE—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; …
(2 Kron. 16:8-9 Afrikaans OV)
Were not the Ethiopians and the Lubims a huge host, with very many chariots and horsemen? yet, because thou didst rely on the LORD, he delivered them into thine hand. For the eyes of the LORD run to and fro throughout the whole earth, to shew himself strong in the behalf of them whose heart is perfect toward him.
(2Ch 16:8-9 KJV)
From the publisher's feed