
Sign up to save your podcasts
Or


Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. (Matt. 24:7 Afrikaans OV)
Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader; en as die Koning u skoonheid begeer—want Hy is u Heer—buig u dan voor Hom neer. (Ps. 45:11-12 Afrikaans OV)
Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,… (Fil. 3:20 Afrikaans OV)
Wees nie bevrees as ‘n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie; want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie. (Ps. 49:17-18 Afrikaans OV)
For nation shall rise against nation, and kingdom against kingdom: and there shall be famines, and pestilences, and earthquakes, in divers places. (Mat 24:7 KJV)
Hearken, O daughter, and consider, and incline thine ear; forget also thine own people, and thy father's house; So shall the king greatly desire thy beauty: for he is thy Lord; and worship thou him. (Psa 45:10-11 KJV)
For our conversation is in heaven; from whence also we look for the Saviour, the Lord Jesus Christ:… (Php 3:20 KJV)
Be not thou afraid when one is made rich, when the glory of his house is increased; For when he dieth he shall carry nothing away: his glory shall not descend after him. (Psa 49:16-17 KJV)
en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
(Open. 1:5-8 Afrikaans OV)
And from Jesus Christ, who is the faithful witness, and the first begotten of the dead, and the prince of the kings of the earth. Unto him that loved us, and washed us from our sins in his own blood, And hath made us kings and priests unto God and his Father; to him be glory and dominion for ever and ever. Amen. Behold, he cometh with clouds; and every eye shall see him, and they also which pierced him: and all kindreds of the earth shall wail because of him. Even so, Amen. I am Alpha and Omega, the beginning and the ending, saith the Lord, which is, and which was, and which is to come, the Almighty.
(Rev 1:5-8 KJV)
Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.
(Jud. 1:20-23 Afrikaans OV)
But ye, beloved, building up yourselves on your most holy faith, praying in the Holy Ghost, Keep yourselves in the love of God, looking for the mercy of our Lord Jesus Christ unto eternal life. And of some have compassion, making a difference: And others save with fear, pulling them out of the fire; hating even the garment spotted by the flesh.
(Jud 1:20-23 KJV)
En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
(2 Tim. 3:12-13 Afrikaans OV)
Yea, and all that will live godly in Christ Jesus shall suffer persecution. But evil men and seducers shall wax worse and worse, deceiving, and being deceived.
(2Ti 3:12-13 KJV)
Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
(Matt. 16:15-17 Afrikaans OV)
en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
(Joh. 16:8 Afrikaans OV)
He saith unto them, But whom say ye that I am? And Simon Peter answered and said, Thou art the Christ, the Son of the living God. And Jesus answered and said unto him, Blessed art thou, Simon Barjona: for flesh and blood hath not revealed it unto thee, but my Father which is in heaven.
(Mat 16:15-17 KJV)
And when he is come, he will reprove the world of sin, and of righteousness, and of judgment:
(Joh 16:8 KJV)
From the publisher's feed