
Sign up to save your podcasts
Or


Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
(Ps. 91:1-4 Afrikaans OV)
He that dwelleth in the secret place of the most High shall abide under the shadow of the Almighty. I will say of the LORD, He is my refuge and my fortress: my God; in him will I trust. Surely he shall deliver thee from the snare of the fowler, and from the noisome pestilence. He shall cover thee with his feathers, and under his wings shalt thou trust: his truth shall be thy shield and buckler.
(Psa 91:1-4 KJV)
Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle ‘n erestoel te laat beërwe.
(1 Sam. 2:8 Afrikaans OV)
Al is ek ellendig en behoeftig—die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!
(Ps. 40:18 Afrikaans OV)
He raiseth up the poor out of the dust, and lifteth up the beggar from the dunghill, to set them among princes, and to make them inherit the throne of glory:
(1Sa 2:8 KJV)
But I am poor and needy; yet the Lord thinketh upon me: thou art my help and my deliverer; make no tarrying, O my God.
(Psa 40:17 KJV)
Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
(Spr. 30:7-9 Afrikaans OV)
Two things have I required of thee; deny me them not before I die: Remove far from me vanity and lies: give me neither poverty nor riches; feed me with food convenient for me: Lest I be full, and deny thee, and say, Who is the LORD? or lest I be poor, and steal, and take the name of my God in vain.
(Pro 30:7-9 KJV)
Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
(Ef. 4:20-24 Afrikaans OV)
But ye have not so learned Christ; If so be that ye have heard him, and have been taught by him, as the truth is in Jesus: That ye put off concerning the former conversation the old man, which is corrupt according to the deceitful lusts; And be renewed in the spirit of your mind; And that ye put on the new man, which after God is created in righteousness and true holiness.
(Eph 4:20-24 KJV)
Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
(Ef. 4:17-19 Afrikaans OV)
This I say therefore, and testify in the Lord, that ye henceforth walk not as other Gentiles walk, in the vanity of their mind, Having the understanding darkened, being alienated from the life of God through the ignorance that is in them, because of the blindness of their heart: Who being past feeling have given themselves over unto lasciviousness, to work all uncleanness with greediness.
(Eph 4:17-19 KJV)
From the publisher's feed