
Sign up to save your podcasts
Or


Het Ek dan miskien ‘n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie? (Eseg. 18:23 Afrikaans OV)
Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe. (Eseg. 18:32 Afrikaans OV)
Have I any pleasure at all that the wicked should die? saith the Lord GOD: and not that he should return from his ways, and live? (Eze 18:23 KJV)
For I have no pleasure in the death of him that dieth, saith the Lord GOD: wherefore turn yourselves, and live ye. (Eze 18:32 KJV)
Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging. Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. (Kol. 2:6-8 Afrikaans OV)
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
(Joh. 1:12 Afrikaans OV)
As ye have therefore received Christ Jesus the Lord, so walk ye in him: Rooted and built up in him, and stablished in the faith, as ye have been taught, abounding therein with thanksgiving. Beware lest any man spoil you through philosophy and vain deceit, after the tradition of men, after the rudiments of the world, and not after Christ. (Col 2:6-8 KJV)
But as many as received him, to them gave he power to become the sons of God, even to them that believe on his name: (Joh 1:12 KJV)
Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry (Fil. 3:7-8 Afrikaans OV)
But what things were gain to me, those I counted loss for Christ. Yea doubtless, and I count all things but loss for the excellency of the knowledge of Christ Jesus my Lord: for whom I have suffered the loss of all things, and do count them but dung, that I may win Christ,... (Php 3:7-8 KJV)
So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.
(Efes. 2:19-22 Afrikaans OV)
Now therefore ye are no more strangers and foreigners, but fellowcitizens with the saints, and of the household of God; And are built upon the foundation of the apostles and prophets, Jesus Christ himself being the chief corner stone; In whom all the building fitly framed together groweth unto an holy temple in the Lord: In whom ye also are builded together for an habitation of God through the Spirit.
(Eph 2:19-22 KJV)
Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.
(Efes. 3:14-19 Afrikaans OV)
For this cause I bow my knees unto the Father of our Lord Jesus Christ, Of whom the whole family in heaven and earth is named, That he would grant you, according to the riches of his glory, to be strengthened with might by his Spirit in the inner man; That Christ may dwell in your hearts by faith; that ye, being rooted and grounded in love, May be able to comprehend with all saints what is the breadth, and length, and depth, and height; And to know the love of Christ, which passeth knowledge, that ye might be filled with all the fulness of God.
(Eph 3:14-19 KJV)
From the publisher's feed