Die drama is saamgestel uit Langenhoven se rubrieke wat hy van 1921 tot 1932 vir Die Burger geskryf het. Die moderne Afrikaans waarmee hy toe al gewerk het, is opmerklik. Die program is by die Klein Libertasteater in die Kaap opgeneem. Jannnie Hofmeyr en Susan Beyers kan gehoor word in die rolle van Neelsie en Vroutjie. Stephanie Badenhorst skep die byklanke op die verhoog.