At Lunch

At Lunch

By OFMBusinessNews
Download on the App Store

At Lunch episodes

  • kykNET se "Die Oord": Eva du Preez vertel ons meer
    Pulane gesels met Eva du Preez,regisseur van Die Oord, bring ’n unieke benadering deur ’n visuele taal te skep wat die skoonheid van die kusomgewing vermeng met ’n onderliggende gevoel van sielkundige onrus. Haar regie fokus op subtiele spanning, karaktergedrewe storievertelling en die stadige ontrafeling van geheime, wat verseker dat die gehoor voortdurend wonder wat werklik onder die oppervlak skuil.
    6 min
  • ATKV Buffelspoort - Lekker 'warm' aanbiedinge vir die winter
    Pulane Nel-Sekepe en Reyno Wepener, bemarkings bestuurder van die ATKV Buffelspoort, gesels lekker oor wat hul alles bied, hoekom hul so uniek is, wat jy alles kan verwag, en hoekom hul die beste wegbreuk bestemming is in die winter. Met lekker 'warm' spesiale aanbiedinge vir die winter wat voorlê.
    Kom luister saam en maak gebruik van die geleentheid.
    5 min
  • Brendan Peyper kom kuier in sy "Home Town" gedurende Bloem Skou
    Brendan Peyper is 23 April op die Bloemskou verhoog, en hy bring sy nuwe vertoning Vrystaat toe met 'n propvol speellys. Hy gesels met Pulane Nel Sekepe oor wat jy kan verwag tydens sy vertoning en vertel ook meer van wat als die jaar vir hom voorlê. Kaartjies vir Bloemskou is beskikbaar op Computicket en dan het jy gratis toegang tot die Coca Cola tent vir al die optredes. Brendan is 23 April om 20:00 op die verhoog, trots moontlik gemaak deur OFM.
    4 min
  • Potchefstroom Gimnasium nooi alle voornemende leerders na hul Opedag op Woensdag, 13 Mei!
    Is jy gereed om aan jou toekoms te bou? Potchefstroom Gimnasium nooi jou na hul Opedag op Woensdag, 13 Mei! Ontdek waarom hulle ’n top-skool is met wêreldklas-fasiliteite—van die nuwe hokkie-astro tot binneshuise krieketnette. Koshuisbesoeke begin om 16:00 en die amptelike program skop om 17:45 af. Bespreking is noodsaaklik! Besoek Gimmies se webtuiste of sosiale media om vandag nog te registreer. Gimmies—bou saam aan jou toekoms!"
    9 min
  • Bloem Veeprodukte sê ook dankie vir ons boere op hierdie Dankie Donderdag
    Tydens Dankie Donderdag 2026 bedank OFM die landbou sektor vir hul harde werk wat voedselsekerheid verseker en ons gemeenskappe elke dag ondersteun. Ons sê saam dankie. Lize Marie van Bloem Veeprodukte sluit by Pulane Nel Sekepe aan om hul boere en kliente in die landbou waardeketting namens Bloem Veeprodukte ook te bedank.
    3 min
  • Childline Free State bied aan "Swing for Smiles" Gholfdag op Werkersdag 2026
    Hierdie Werkersdag vier Childline Free State nie net harde werk nie, maar ook mense wat elke dag ’n verskil maak in die lewens van kwesbare kinders. Deur die "Swing for Smiles" Gholfdag kan jy ook betrokke raak en 'n verskil maak.

    Childline Free State se span werk 24/7 om kinders te beskerm, gesinne te ondersteun en hoop te herstel waar dit die nodigste is.
    Hierdie Werkersdag, ondersteun nie net werk nie— kom ondersteun werk wat saak maak.
    4 min
  • Droomsindroom maak reg vir Rocking the Vaal!
    Maak gereed vir 'n volle dag van musiek, kos en onvergeetlike oomblikke by Rocking the Vaal! Van sonsopkoms tot laatnag-saamsing, bring hierdie dag top Suid-Afrikaanse kunstenaars, heerlike kos en ongelooflike wêreldrekordpogings bymekaar – alles in 'n massiewe viering van gemeenskapsgees. Droomsindroom kuier op At Lunch om te vertel van hulle optreede en hoe hulle ook uit sien na n dag vol pret!
    4 min
  • Bloemskou 2026 is hier!
    Bloemskou begin op 23 April en duur tot 2 Mei vanjaar. Pulane Nel-Sekepe geselsmet die Hoof Uitvoerende Beampte van Bloemskou, Elmarie Prinsloo, om uit te vind watter opwindende verrassings daar vir vanjaar se skou voorlê. Elmarie deel wenke oor hoe om op kaartjies te spaar, watter opsies beskikbaar is vir die getroue skougangers wat elke dag wil kom inloer, en natuurlik kry ons 'n eksklusiewe kykie na die kunstenaars wat die verhoog gaan laat vlamvat. Hier is alles wat jy moet weet om jou Bloemskou-ervaring onvergeetlik te maak!
    7 min
  • Diamante in Aksie bied Bok van Blerk in konsert aan om die gemeenskap te ondersteun
    Hoërskool Diamantveld se “Diamante in Aksie”-projek is ’n liefdadigheidsinisiatief wat daarop gemik is om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. Die publiek word uitgenooi om hierdie besondere geleentheid by te woon en deel te wees van ’n projek wat hoop bring en lewens verbeter. Elke kaartjie wat gekoop word, dra direk by tot die verbetering van die omstandighede by die Lerato Park Daycare Centre.
    Vir meer inligting oor die konsert of hoe om betrokke te raak, kontak Carlien op 082 312 7738.
    4 min

About At Lunch

From the publisher's feed

At lunch with Pulane Nel-Sekepe - Mondays to Fridays, 12:00 - 15:00.