AudreyStories

AudreyStories

Download on the App Store

AudreyStories episodes

  • FIKSIE 5. "Noorderligte. Aurora Borealis." 'n Storie uit Kanada. Vir tieners en immigrante.

    Send a text

    Immigrante storie. Hierdie storie is vir my oudste dogter. Ek moes haar alleen in Kanada in 'n klein dorpie los, toe sy 'n tieners was, omdat ek dringend SA toe moes gaan. Dit het my hart gebreek. Ek het die storie gemeng met Kanada ondervindinge, oor die coolste goed wat mens sien en beleef as jy in die kouer dele van Kanada woon. Ek was net 4 jaar in sneeu-gebied, maar dit het my lewe verryk. Margaret, die Kanadese vrou in die storie, bly regtig in 'n houthuisie. Sy het klassieke musiek gespeel en my so baie geleer. Margaret het 10 jaar in die Noordpool gebied gewoon. Storie opgedra aan my kind, en aan Margaret.

    Support the show

    31 min
  • Bosnië 3. Moeilikheid in Sarajewo. Ek maak 'Kultuur' foute en mense gil op my. Swaar-reis tye.

    Send a text

    Episaode 3. As ek so na my eie stories luister, klink dit of ek op 'n Pienk-Wolkie deur Bosnië gefladder het. Nee! Die plek is 'n konstante paradoks en het my so deurmekaar gemaak. Een oomblik kuier ek by 'n towenaar, volgende oomblik gil iemand op my. Ek was in die moelikheid in Sarajewo. Sommer op die eerste dag al toe 'n man my naby my woonstel sommer uit die pad gestamp het. In 'n winkel het 'n ander man my uitgejaag (hy't geskreeu). Dan drink ek gou baie water, huil gou effens en sit iewers plat op die grond om net asem te kry. Dan maak ek stories oor ander goed -- nie die swaar goed van reis nie. Ek het alles verkeerd gedoen in Bosnië. Reis-gidse sê niks hierioor nie.

    Support the show

    10 min
  • FIKSIE 4. "Die Luisteraar." Hierdie kortverhaal is in die tydskrif SARIE gepubliseer.

    Send a text

    Ek het hierdie verhaal die nag voor my 4e kind se 18e verjaardag geskryf -- as verjaardag geskenk aan haar. (Skies my ander 3 kinders dat julle nie "18e verjaardag-stories-wat-in-tydskrifte-was" gekry het nie -- bel vir mamma, dan praat ons.) "DIE LUISTERAAR" was die eerste verhaal wat einding met 'n keuse. Ek dink ek wou my dogter leer dat mens altyd 'n keuse het en dat mens soms 'n swaar keuse moet maak. Hierdie is die 1e een van 6 ander stories wat eindig met 'n keuse.

    Support the show

    13 min
  • FIKSIE 2: "Ooievaars in Serwië". Kortverhaal wat in die "Sarie" gepubliseer is.Ek het dit in Serwië geskryf.

    Send a text

    Ek het in oos-Europa gaan reis en in Serwië gaan kuier. Daar is 'n ooievaar op elke lamppaal in die hoofstraat. Hierdie Kortverhaal is in daardie hoofstrraat geskryf...  "Karin sit in Serwië plat op die gras met haar rug teen ʼn lamppaal. Sy skryf. Die gegiggel van 'n swetterjoel klein dogtertjies aan die oorkant van die straat pla haar vandag. Hulle sit op hulle hurke en loer nou al drie dae lank na haar: so asof sy die sirkus se lawwe Afrika-apie is. Die grootmense van die dorp rus dié tyd van die dag binne: Somers in Oos-Europa is bloedig warm.

    Sy lees die inleidende paragraaf aan die reisverhale redakteur in Kaapstad: "Serwië 2017. Die gehuggie Mokrin is 'n gewone boerdery gemeenskap, met baie besonderse lamppale. Hulle is ekstra hoog en daar sit ʼn Ooievaar op elkeen in haar eie nes."

    Support the show

    14 min
  • Bosnië 2. Die Towernaar van Sarajewo.

    Send a text

    Episode 2. Daar was 'n donderstorm in Sarajewo. Ek het by 'n Towenaar beland. Per ongeluk, genadiglik, of noodwendig.By die lawwe afdak wat as effense reënskerm moes dien, is daar ʼn klein winkeltjie wat lyk soos ʼn  kombinasie van Liewe Heksie en Harry Potter. Dis kinderlik laf met vrolike kleure. Ek besluit dat die besonderse plek seker aan ʼn towenaar behoort.  ʼn Marionet sit bo-op die deur se poort. Ek druk my neus teen die venster om beter binnetoe te kan sien. Binne sit daar ʼn man wat verf met 'n groot blou kwas. Hy kyk op. Ek voel verspot met my neus teen sy venster en skop die helder geel emmer by sy voordeur om. Die towenaar in die winkeltjie wink. “Kom in!” Ek stap in ...

    Support the show

    14 min
  • Bosnië 1. Sarajewo. Somer-Sonstilstand-Dag 2010. "Sy naam is ZLATCO."

    Send a text

    Episode 1. Ek het op Somersonstilstand dag, 21 Junie 2010, in Sarajewo aangekom met 'n vliegtuig. Ek was alleen op reis in Oos-Europa. Na Serwië en Hongarye, is ek Bosnië toe.Ek stap agter ʼn streep dorpsmense aan wat kortpad vat deur ʼn veldjie om by die trem se opklimplek te kom. Daar is modderpoele en ʼn smal kronkelpad deur dik gras. Ek sleep ʼn tas en dra ʼn swaar rugsak en ons loop een-een agter mekaar aan. Die paadjie eindig teen ʼn wal waar ek hande-viervoet moet opklim. My tas gly. Die man voor my gryp my hand en lig my tot bo. Hy klim af tot onder, tel my tas op en sleep dit van toe af onder sy eie kleiner tassie. Hy is lank, sterk gebou en sy lang swart hare, met baie grys in, is in ʼn lae poniestert vasgebind.     Sy naam is Zlatco. Hierdie is sy storie.

    Support the show

    13 min
  • Sirië 1. Ek werk in Sirië en leer Arabies-sprekende tieners Engels praat.

    Send a text

    Ek hou skool vir vlugtelinge uit Sirië. Ek was gister weer in Sirië -- ek ry sommer soontoe met my kar. Ek hoef nie soontoe te vlieg nie, want Sirië het Kanada toe gekom, en ek moet die tieners iets leer. Iemand vra die week hoekom ek sulke "weird" Arabiese Facebook vriende het. Hulle is tieners uit vlugtelings-kampe van oor die hele wêreld. Ek is hulle "oog" Weste toe. Om vir kinders, wat 5-7 jaar glad nie skool gegaan het nie, Engels te probeer leer in 'n klas? Haha. Drama in Drievoud. Maar wonderlik vir 'n onderwyser.

    Support the show

    10 min
  • KORTVERHAAL 1: Katerina se Simfonie. Verhaal uit Mexico.

    Send a text

    Romatiese Kortverhaal uit Mexico. Ek het die storie geskryf in 'n klein bergdorpie: San Sebastian del Oeste. (Gepubliseer in SARIE in Suid-Afrika) "Die naam van die Mexikaanse dorpie hoog in die berge is vir haar mooi, toe gaan bly Katerina daar. Natuurlik nie so lank soos sy beplan het nie – baie, baie langer. In San Sebastian del Oeste, in die Jalisco-provinsie, moet Katerina eers bly sodat die reënmaande van Augustus en September kan verbygaan, want die pad terug stad toe verspoel en niemand maak dit reg nie. Perde of donkiekarre bring voorrade in vir die driehonderd mense in die dorp, soos in die outyd, en nou nog in die reëntyd....

    Support the show

    11 min
  • Burma 3. Hello is Ming_ga_la_bah. Ek dra my nou Longyi Burma-rompie. O,wee.

    Send a text

    Ek leer gou groet in Burma. Dis 'n komplekse proses. Ek sê "Ming Ga La Bah" - blitsvinnig. Dan sit ek my hande op my maag en buig, terwyl ek glimlag EN, gelukkig en tevrede met my omstandighede lyk. Als werk redelik, tot ek 'n Longyi rompie koop en in hom probeer loop. Ek val die hele tyd oor my voete. Almal in Burma dra hierdie rompies, mans en vrouens en kinders. Net ekke sukkel want ek moet mooi klein treetjies gee -- met grasie, en ek wil net rondhol omdat ek ALLES gou-gou wil sien. So val ek die hele tyd oor my voete en ook oor my woorde "Ming Ga La Bah". Toe ek in 'n tempel instap, kyk die vrou by die deur na my aaklige vuil Reebok plakkies. Ek trek hulle uit. My voete is vol modder. Ek stotter toe maar ..."Ming Ga La Bah" ... en smile.

    Support the show

    12 min
  • Peru 1. Ek eet troeteldiere.

    Send a text

    Ek sit en staar na die troeteldier op my bord. In Peru eet mense al vir altyd "guinea-pigs". Marmotte. Toe kom die Spanjaarde, vat van die oulike diertjies terug Spanje toe, en toe eers word hulle troeteldiere. Ek was hoog in die Andes gebergtes by 'n Inca dorpie, en die mense het vir ons kos gemaak. Marmotte is 'n lekkerny. Ek wou dit nie eet nie -- soos ek destyds nie dood-gekookte-bone wou eet nie. Nee, minders as dit. Ek het hamsters en marmotte gehad as kind. Ek eet dit nie... Maar ek het. En ek het 'n baie baie goeie verskoning.

    Support the show

    10 min

About AudreyStories

From the publisher's feed

Audrey tells "Bedtime Stories for Adults" in English: set in intriguing countries/places. Parts of the stories are true, the rest is imagination - as all good stories should be. All the stories…