AudreyStories

AudreyStories

Download on the App Store

AudreyStories episodes

  • China 5. Ek pieps in China en mense sien my! Hulle waai ...

    Send a text

    Ek het nie geweet iemand kan my sien nie. Vir 2 weke lank! O wee. Ek giggel nou oor hierdie verskriklike storie, maar ek kry soooo skaam. Daar was by die skool so dun riviertjie in die toilet en ai? Woordloos. Hierdie was beslis een van my AAKLIGSTE oomblikke van rondreis in vreemde lande.

    Support the show

    9 min
  • Burma 2. Duisende tempels op die vlaktes van Bagan

    Send a text

    Daar is amper 4000 tempels op die vlaktes van Bagan, in Burma. Ek staan hoog op een van hulle en kyk na hierdie stukture. Dit voel vir my asof iemand hierdie wonderlike plek wegsteek. Almal op aarde behoort dit te kan sien. Dis manjifiek! Wie het hierdie temples gebou? Hoekom? Hulle is meer as 'n 1000 jaar oud. Daar was op 'n stadium 10 000 tempels, 3000 kloosters en duisende ander geboue. Wie het hulle afgebreek? Was daar 'n oorlog? Hoekom? Kuier saam met my in Burma, in die area Bagan.

    Support the show

    12 min
  • Kuba 1. Ek vier Fidel Castro se 90e verjaardag-fees in Kuba, op die platteland.

    Send a text

    Op 13e Augustus 2016, vier ek Fidel Castro se 90e verjaardag op die platteland in Kuba. Daar's 'n groot tent, braaivleis en 'n skare mense. Die dorpie: Manaca Iznaga. Dis 'n suikerriet gebied met 1 pad in, 1 uit. Die meeste mense ry met donkiekarre. In Kuba stap mens 50 jaar terug in tyd. Alles lyk en is outyds. Elke huisie is 'n ander kleur -- die plek is 'n fotograaf se droom. Maar -- Kuba laat mens dink. Dis die perfekte voorbeeld van sosialisme/kommunisme en die effek van 'n diktator/leier soos Castro. Wie was hy? Hoekom was hy suksesvol -- en wie is die spioene ("Cederistas") in elke dorp wat vir hom gewerk het...

    Support the show

    11 min
  • Burma 1. Die vrou uit Burma laat my tiekiedraai dans op die skool se lessenaar.

    Send a text

    Ek was in Burma. Dis die wonderlikste plek - 'n toeris se droom. Maar, dis 'n komplekse land. Hier in Kanada, gee ek Engels vir vlugtelinge uit Burma. O, wee. Wat 'n onmoontlike taak. Ek staan naderhand op 'n tafel en skoolhou. As iemand iets reg kan uitspreek, dan doen ek wat wat hulle vra. Dadelik. Dit word 'n wonderlike les. Iemand sê dans ... toe tiekiedraai ek van dankbaarheid.

    Support the show

    8 min
  • China 3. My 30 Taxi padkaarte en wat agterop geskryf was.

    Send a text

    Ek werk in China. Nie een taxi wil my oplaai nie. Ek LOOP van plek na plek in bloedige hitte en kom nie veel verder as 3 blokke van die skool af nie. Toe maak ek 'n plan. Ek vra al die Gr 12 studente in my klas om vir my padkaarte te teken na plekke toe. Soos met alle goeie planne, werk dit so-so. En toe goed. Maar agter op elke kaartjie het die kinders 'n BOODSKAP aan die taxi drywers geskryf  -- in Chinees. Ek vra eers die laaste dag wat daar staan...

    Support the show

    10 min
  • China 2. Die Polisie sluit my toe in China

    Send a text

    Ek het gaan werk as onderwyser in China sonder 'n werkspermit. Skuldig. Dit was vir 'n somer-kamp en die organiseerders het ons verseker ons "toeriste" visa sou goed genoeg wees. O, wee. Nee! Die Chinese Polisie vind uit en sluit ons sowaar toe. 

    Support the show

    12 min
  • China 1. Ek slaap in n vreemde man se bed

    Send a text

    Afrikaanse storie oor my eerste nag in Beijing, China. Ek het daar gaan werk as 'n onderwyser en was so opgewonde om te kon gaan. Maar, toe ek 12 uur die nag ALLEEN op die lughawe aankom en daar is niemand om my te kom haal nie? Toe panic ek. Ek beland in 'n vreemde man se slaapkamer. Hy kyk vir sy bed, ek kyk vir die bed...

    Support the show

    13 min
  • Mexico 1. Bergdorpie waar stories begin: "Katerina se Simfonie" se oorsprong in San Sebastian del Oeste, Mexico

    Send a text

    "Katerina se Simfonie". Ek was op my eie in Mexico en wou gaan kyk hoe 'n baie klein dorpie hoog hoog in die berge lyk -- een van daai plekke waar toeriste nie kom nie. Dis 'n silwermyn dorpie en die hotel se skoonmaker het my soontoe geneem en daar gelos. Ek het dadelik 'n brakkie gekry wat my die dorp gewys het, en ek het hom Hond genoem. Ek en Hond is heel eerste rivier toe, waar vrouens oranje tafeldoeke gewas het. Hond het geswen. Daarna is ons na die blou Katolieke kerk toe, waar iemand orrel geoefen het. Ons het brood gekoop en dit op die kerkplein geëet. Ek het die geur van die dorpie se kaneel koffie gemeng met koejawels in my rugsak gepak. "Katerina se Simfonie" se storie kom van daar af. Rede? Ek wou daar bly, vir baie baie langer as wat ek kon ...

    Support the show

    11 min
  • Guatemala 1. Mary Poppins bly in Guatemala. Ek het haar gesien.

    Send a text

    Mary Poppins bly in Guatemala en sy dra baldadige oranje kouse. Soggens sit sy op die geel kerk se trappe en voer die duiwe. Saans, sing sy by die fontein. Voor die kerk, maak sy die mooiste foto, want sy dra 'n indigo kleur hemp en die duiwe raam haar. In die nag, sing sy liefdesliedjies. Guatemala is 'n komplekse land met vulkane, aardbewings, onbegaanbare paaie, dwelm handel en erge geweld teen vroue. Dis hoekom Mary Poppins daar bly. Ek het haar gesien, regtig-egtig, en sy doen allerhande "Mary Poppins" tipe goeters. Sy steek net haar opstyg-sambreel weg...

    Support the show

    8 min

About AudreyStories

From the publisher's feed

Audrey tells "Bedtime Stories for Adults" in English: set in intriguing countries/places. Parts of the stories are true, the rest is imagination - as all good stories should be. All the stories…