AudreyStories

AudreyStories

Download on the App Store

AudreyStories episodes

  • Kanada Immigrasie 36. Testament: Kanadese een. Lewensversekering. Video-kameras wat jou dophou..

    Send a text

    Maak dadelik 'n wettige testament by 'n prokureur in Kanada, sodat die staat nie besluit wat van jou Kanadese kinders moet word nie. Koop hier lewensversekering. Dadelik. Daar is ORAL video kameras wat jou afneem. Mooi loop in die openbaar. Geen kind onder 12 mag ooit alleen wees nie. Moenie jou kinders in die kar los nie. Kanada het my gesigsprofiel, 'n skandering van my oë, ken my stem-profiel ens ens. Daar is paar goed wat my moet weet oor 1e wêreld lande. "Big Brother is watching you."

    Support the show

    11 min
  • Kanada Immigrasie 35. Kanada, Australië of Nieu-Seeland? Hoe kies jy 'n nuwe land?

    Send a text

    Kanada, Australië of Nieu-Seeland is 3 goeie opsies vir Suid-Afrikaners wat wil immigreer. Jy worstel met die vraag, "Wat as ek verkeerd kies? Watter land is die REGTE een?" En, as jy op die oomblik in een van die 3 lande woon, het jy dalk besluit om weer 'n keer te trek. Nie terug SA toe nie, maar uit Kanada dalk Australië toe. Dis normaal om met die idee te speel dat jy dalk WEER moet trek. Moenie. Dit maak nie saak nie. Dis goeie 1e wêreld-lande waar jy werk kan kry en waar jy gelukkig sal word. Maar -- ek maak wel hier 'n saak vir Kanada. Ek dink regtig Kanada is op die langeduur die heel beste opsie. Jy trek ter wille van jou kosbare kinders se toekoms. Oor 20 jaar, sal Kanada nog meer gesog wees as plek om heen te trek. Dan is jy klaar hier. Ek gee 'n paar redes hoekom ek Kanada kies as die nommer 1 land vir immigrante.

    Support the show

    10 min
  • Kanada Immigrasie 34. Jy KAN NIE trek nie. Te oud/geen geld/geen moed/nie genoeg punte vir Kanada nie.

    Send a text

    Jy KAN NIE trek nie of wil nie. Te oud/geen geld nie/nie moed nie/nie kwalifikasies vir ander lande se werke nie. Dan bly jy in SA. Gedurende my maandlange kuier het ek so baie mense gesien wat floreer in die land. Wat doen mense in SA om gelukkig daar te wees? Wat se planne kan jy maak as jy in sak en as sit omdat jou kinders of vriende nou trek? Watter gewoontes het sielsgelukkinge mense ten spyte van SA se 'dinge'. 

    Support the show

    9 min
  • Kanada Immigrasie 33. Wat's fout in SA? Deel 2. Ek kyk met die oë van 'n toeris.

    Send a text

    Deel 2: "Wat's fout in SA? My opinie na 'n maand se kuier tot mid-Desember 2019. Ek was geskok oor die agteruitgang in die land. Dalk omdat ek 4 jaar laas daar gekuier het. Ek het gewoond geraak aan die lewenskwaliteit in Kanada met dae vol vrede en veiligheid. Hier is 1e wêreld luukses -- goeie paaie, streng wette, skoon stede, goeie lugkwaliteit, skoon water, goeie skole, alles werk, die ekonomie is stabiel en daar is 'n rustigheid wat heel afwesig is in SA. Hierdie is my opinie en ek maak hierdie klankopnames om mense (wat dit oorweeg om te immigreer) te help. Vergewe my eerlikheid.

    Support the show

    9 min
  • Kanada Immigrasie 32. Wat's fout in SA? Deel 1. My opinie oor die probleme in die land.

    Send a text

    Ek was tot middel Desember 2019 in SA vir 'n kuier met familie en vriende -- vir 'n maand. Ek was 4 jaar laas in die land. Die keer het so baie goed my gepla. Ek is reeds 21 jaar weg uit SA en is nou 'n "toeris" en nie meer 'n "inwoner" nie. Verder, het ek ook 'n 'sissie' geword, want die gevaar en toestande in die land het my geskok. So wat is dan fout in SA as mens as 'n toeris of buitestaander daarna kyk? Wat het my so gepla? Deel 1 van 2.

    Support the show

    9 min

About AudreyStories

From the publisher's feed

Audrey tells "Bedtime Stories for Adults" in English: set in intriguing countries/places. Parts of the stories are true, the rest is imagination - as all good stories should be. All the stories…