
Sign up to save your podcasts
Or


Send a text
Episode 20. Klein dorpies - Deel 1. Moenie in 'n piepklein dorpie in Kanada kom werk en woon nie. Dis te swaar. Heel noord in Kanada is nag. Wat dink ek is verkeerd aan 'n klein plekkie in Kanada? Hoekom is klein dorpies hier so moeilik vir Suid-Afrikaners? En dit gaan oor baie meer as die koue.
Support the show
Send a text
Sneeu is net mooi op bergpieke, Kerskaartjies, foto's en op 'n ski-hill as jy self ski. Die waarheid oor sneeu, vir mense uit warm lande. Sneeu word vuil van die sand en klip wat die sneeuploeg strooi oor strate. Selfs die Kanadese haat sneeu, omdat mooi sneeu gou-gou harde ys word en dan oral vassit vir maande en maande. Dis werk. Klein dorpies word afgesny van die wêreld. Bergepasse raak onbegaanbaar. Die sagte stilte na vars sneeu is te wonderlik. Maar vir die res is dit goor. In die Lower Mainland gedeelte sneeu dit nie juis nie -- so 1 tot 3 keer 'n jaar en dis gewoonlik binne 'n dag weer weg.
Support the show
Send a text
Eopisode 18. CraigsList Vancouver (dis nou jou HANDBOEK oor Kanada) gee vir jou die wonderlikste info oor 'alles Kanada". Dis waar mense WERK adverteer (maklike en vreemde werke). Alle soorte. Jy gaan leer wat in aanvraag is, en hoeveel hulle jou sou betaal. Doen die "search" oor die hele Lower Mainland gedeelte, want jy kan dan kyk wat alles in al 7 stede hier gebeur. Mense vra hier dat jy verniet vir hulle kom werk. Dit het waarde. Ek praat oor wat om te kies, as jy eers hier woon. Dan is CraigsList ook die plek waar mense meubels verniet weggee. Niks het 2e handse waarde in Kanada nie. Maak hierdie plek jou handboek om te leer wat in Kanada gebeur terwyl jy wag om te kom, of lees dit sommer as jou kinders getrek het en 'n verniet rusbank benodig.
Support the show
Send a text
Episode 17. SWOT terwyl jy wag by 'n aanlyn-universiteit in Kanada. ATHABASCA University. Ek het al 7 kursusse by hulle gedoen. Goeie nuus: Jy moet net 16 wees, kort nie eers Graad 12 nie. Dis net DUUR want jy is 'n Buitelandse Student. Maar, die duur kursus gaan jou baie help. Jy kry vir 1 vak 3 krediete. Jy het 6 maande om dit voltooi. As jy sien die vak is te swaar, dan STAAK jy binne 2 weke, en kry jou geld terug (of 'n krediet vir 'n ander vak).
Support the show
Send a text
Privaatheidswette is 'n pyn hier -- maar 'n harde werkliheid. In Kanada is elke mens 'n individu. Getroud? Maak nie saak nie. As die selfoon-rekening op jou man se naam is, mag jy niks vrae vra nie. Wat om van die begin af te doen om dit makliker te maak. Daar is maniere. Maar die wette in Kanada is "written in stone". Vas.
Support the show
Send a text
DIE POLISIE se rol in Kanada. Wanneer bel jy 911? Werk dit goed? Kanada is so ordelik omdat die polisie so effektief is. Wie doen wat? Iemand het jou gekroek met immigrasie terwyl jy nog in SA is. Wat nou?
Support the show
Send a text
Episode 14. Ek dink dis deesdae 'n goeie plan om 'n prokureur te kry. Hulle is heel gereeld goedkoper as "agentsakppe". Derduisende mense doen aansoek om Kanada toe te trek: uit honderde lande. Daar is nou 36 maniere om te kwalifiseer vir immigrasie. Party is net geldig op die platteland. Ander net in sekere provinsies. Jy kort 'n kenner op die gebied van immigrasie-wette. Ek gee die name van 3 prokureurs. Ek is so bang iemand kroek jou. Kry regshulp. As iets verkeerd gaan hier direk na jy aankom-- is jou prokureur gereed om hof toe te gaan. Ek het vandag een gebel, en hier is wat hy voorstel ...
Support the show
Send a text
SELFOON. MEDISYNE. KREDIETKAAT? Bring saam. Selfone: Bring almal se selfone saam, "unlock" hulle en sorg dat jy hier 'n nuwe Sim-kaart kan insit. Gebruik dit die eerste paar dae net vir Internet-konneksies, sodat jy kan WhatsApp en Facebook. Gratis. Koop dan 'n pay-as-you-go kaart voor jy 'n 2-jaar kontrak teken. Medisyne: Ek maak voorstelle van wat ek dink sal help om saam te bring vir die eerste paar weke. Kredietlkaart. Bring jou SA kredietkaart of Krediet/Debiet kaart. Laai geld op. Dit gaan jou lewe makliker maak in die "bomskok" tyd net na jy hier aankom.
Support the show
Send a text
Nuwe Kanadese kultuur/tradisies het sy pret en sy uitdagings. Aan die begin het ek vir als "nee" geroep, bloot omdat dit volksvreemd is. Ek het die 1e jaar nie Thanksgiving (in Oktober) gehou met 'n Kalkoen-ete nie -- omdat ek nie geweet het waarvoor Kanadese "thanks" nie, en ook omdat ek nog nooit kalkoen gaar gemaak het nie (ai). Die dorp se mense het toe my kinders genooi vir die ete -- toe sit ek en my man soos kiepies by die huis met toebroodjies! My kinders sê eendag hulle moet met pajamas skool toe. Met ongekamde hare en pantoffels. Ek sê weer "nee" maar, die bure bel en sê dis ok. Toe Halloween en ek sê....ai tog ... weer "nee" en toe gee die bure prinsessie en superman kostuums, en my opgewonde kinders kom met kussingslope vol swiets huis toe. Dit was te lekker -- ons het swiets gehad vir 'n jaar. Nuwe kultuur. Nuwe vrae, nuwe grense, nuwe vakansiedae. Aanpassing en groot pret. Maar die nuwe tradisies is swaar om aan te leer en te omhels. En dan weer nie -- die hele land doen dit.
Support the show
Send a text
Episode 11. Jy wil huis koop. Waarna moet jy kyk? Die huis moet SUID kyk. So kry jy in die wintermaande son wat in jou huis inskyn en die huis warm maak. Dit spaar verhittings-koste en dis vrolik en lig. Dan moet jy kyk hoe die huis verhit word, of die dak nie dalk lek nie. Kort jy houtvloere? Matte? Hoe word die huis verhit. En hoekom is Oos nie Oos in Kanada nie? Die son skuif? Hoe? Hoekom is dit belangrik?
Support the show
From the publisher's feed