Send us a text
Nuwe Kanadese kultuur/tradisies het sy pret en sy uitdagings. Aan die begin het ek vir als "nee" geroep, bloot omdat dit volksvreemd is. Ek het die 1e jaar nie Thanksgiving (in Oktober) gehou met 'n Kalkoen-ete nie -- omdat ek nie geweet het waarvoor Kanadese "thanks" nie, en ook omdat ek nog nooit kalkoen gaar gemaak het nie (ai). Die dorp se mense het toe my kinders genooi vir die ete -- toe sit ek en my man soos kiepies by die huis met toebroodjies! My kinders sê eendag hulle moet met pajamas skool toe. Met ongekamde hare en pantoffels. Ek sê weer "nee" maar, die bure bel en sê dis ok. Toe Halloween en ek sê....ai tog ... weer "nee" en toe gee die bure prinsessie en superman kostuums, en my opgewonde kinders kom met kussingslope vol swiets huis toe. Dit was te lekker -- ons het swiets gehad vir 'n jaar. Nuwe kultuur. Nuwe vrae, nuwe grense, nuwe vakansiedae. Aanpassing en groot pret. Maar die nuwe tradisies is swaar om aan te leer en te omhels. En dan weer nie -- die hele land doen dit.
Support the show