AudreyStories

AudreyStories

Download on the App Store

AudreyStories episodes

  • Kanada Immigrasie 31. Rassiste moet eerder nie immigreer nie.

    Send a text

    Suid-Afrika op 'n vreemde manier vreeslik geisoleer. Ek dink lande met probleme word so. Dis 'n land met rasse onmin, wat diep gewortel is in vrees. Rassisme is 'n swaar onderwerp, maar ek dink jy moet introspeksie hou voordat jy trek Kanada toe. Jy is in SA deel van jou kultuur en dalk jou Afrikaanse bende. Kanada 'n land met immigrante uit 100e lande wat anders dink, glo, praat en doen as jy. Hoe hoog is jou Kulturele IK? Hoe goed kan jy saamwerk met mense uit baie vreemde/weird lande? Jy ken SA se mense en hulle maniere. Kan jy klaarkom met mense uit lande waarvan jy niks weet nie? Wit Suid-Afrikaners sukkel soms.

    Support the show

    8 min
  • Kanada Immigrasie 30. Winter+Veilig of Son+SA se dinge?

    Send a text

    "Winter in Kanada" maak mense uit SA bang: want Son en SA het sinoniem geword. "Ek sal nooit in die sneeu kan aard nie!" roep Suid-Afrikaners uit. Ek antwoord hierop, "Ek sal nooit weer in onveilig kan aard nie." Mense is bang om hulle land te verlaat. "Winter/sneeu" word net 'n verskoning om nie te trek nie. Enige verandering is swaar. Die massiewe besluit om uit jou land weg te trek en jou familie en vriende te los, is te swaar. Dus, kies mens iets in die ander land (Kanada) waarmee jy sê jy nie KAN saamleef nie. Jy kan. Jy wil nie. Dit maak nie saak nie, maar miskien moet jy dink aan die "afwesigheid van gevaar". Vrede en veiligheid is baie meer as net 2 woorde.

    Support the show

    8 min
  • Kanada Immigrasie 29. Ek trek terug SA toe! Nee, moenie! 95% van terug-trekkers trek weer uit SA.

    Send a text

    Immigrasie is swaar. Baie immigrante besluit om terug te gaan SA toe. MOENIE. 95% van "terug-trekkers" trek weer terug Kanada/Australië ens. toe. Soms trek mense terug omdat hulle ouers soveel druk op hulle plaas. Ouers sê: "Ons kan nie sonder jou lewe nie. Jy het ons enigste kleinkinders uit die land geneem. Ons is oud, ons verlang te veel ...". Nee. Dis verkeerd. Ouers mag kinders nie teruglok nie.
    Dan, trek mense terug omdat alle mense verandering haat en die aanpassing te swaar is. Daar is net te veel onbekendes. Ja. Daar is. Ja, dit is swaar. Maar, met tyd, begin almal gewoond raak aan die nuwe kultuur, hulle maak vriende, en meer as enige iets -- Suid-Afrikaners begin floreer in 'n veilige land met 'n stewige ekonomie. "Veilig" en "vrede" word die wonderlikste plus punte.
    (Moenie 2 keer trek nie. Spaar jouself geld en gaan hou gou 'n week vakansie in Mexico. Sit langs die see, haal diep asem en onthou jou Plan A: Immigreer Kanada toe want daar is 50 redes waarom ek moet trek uit SA.)

    Support the show

    7 min
  • Kanada Immigrasie 28. VERNIET geld in Kanada. Canada Pension Plan, Old Age Pension, EI, geld per kind.

    Send a text

    Kanada gee op 65 vir almal "old-age-pension" (tot $660 p/m) en dan ook Canada Pension van tot $1000 per maand. As jou werk jou afdank, of jy te siek word om te werk, skop jou EI in. Dis 'n versekering wat almal wat werk betaal per maand, sodat jy nie geldloos sal sukkel terwyl jy nie werk nie. Kanada betaal jou ook vir elke kind. Die maksimum is $533 per kind p/m vir kinders onder 6 en dan $450 per maand vir kinders tussen 6 en 17.
    Jy moet jouself opvoed oor al hierdie planne. Niemand gaan aan jou deur klop en die geld aflewer nie. Ek vertel hier oor hoe al hierdie verniet geld werk. Dis verskillend in elke provinsie. Jy moet dalk vir jou 'n boekhouer kry om jou daarmee te help, sodat jy nie enige verniet geld in Kanada mis nie.

    Support the show

    7 min
  • Kanada Immigrasie 27. Verniet geld per kind. Tot $533 per kind per maand (onder 6). Tot $450 van 6-17.

    Send a text

    Verniet geld vir kinders klink te goed om waar te wees. Maar, dis een van die wonderlike voordele van Kanada. Die geld se naam is "Child and Family Benefits". Dit word bereken volgens jou inkomste en werk op 'n glyskaal. Wat is die voorwaardes hiervan? Jy moet "Permanent Resident" status hê, jy moet in Kanada woon, en jou kind of kinders moet by jou woon. Daarna gee jy jou "Notice of Assessment" in -- dis die vorm wat aandui hoeveel jy per jaar verdien het. Jy kry dan 'n bedrag per kind bereken volgens die kinders se ouderdomme en jou inkomste -- tot hulle 17 is.
    Hoeveel? Net 'n vinnige nommer. As jy $50 000 verdien (in British Columbia), en jy het 4 kinders -- 2 onder 6 en 2 oor 6, dan sal jy $19 000 per jaar verniet kry en hierdie geld is boonop belasting-vry. Jou kinders verdien 'n "salaris" in Kanada -- gee hulle honderd soentjies! En dan, na die soentjies? Dan begin jy as ouer jou werk doen om elke vorm in te vul om hierdie geld te kry. Die goeie ding hier is dat jy nie oorhaastig hoef te skarrel nie -- jy sal die geld wel terugwerkend kry. Kry hulp by 'n boekhouer of prokureur?
    Hier is 'n link om te bereken hoeveel jy kan kry: https://www.moneysense.ca/save/taxes/canada-child-benefit-calculator/

    Support the show

    9 min
  • Kanada Immigrasie 26. Kanada vs Suid-Afrika. Goud, krag, lewensverwagting, inkomste, water. Hoe vergelyk die 2 lande?

    Send a text

    Ek maak 'n raai-raai speletjie van Statistiek -- oor Kanada en Suid-Afrika -- eerder as om dit soos 'n lesing vol nuttelose nommers te laat klink. Natuurlik moet mens nogal sug oor alle statistiek, want dis mos net 'n "so-so nommer" -- wat baie faktore buite rekening laat. Maar, ek dink as mens dit oorweeg om Kanada toe te trek, daar wel baie waarde sit in hierdie statistieke.

    Support the show

    9 min
  • Kanada Immigrasie 25. Aanpassing. Help! Ek wil huis toe gaan!

    Send a text

    Aanpassing in enige nuwe land begin maklik en as 'n groot avontuur. Die hele konsep van immigrasie is 'te groot' en die brein dink aan trek as 'n heerlike vakansie. Dan -- skielik -- asof 'n kristalglas in 'n duisend stukkies breek, tref die werklikheid jou op 'n Gewone Woensdag. Skielik sit jy in Piet Verdriet straat en jy roep: "Ek wil huis toe gaan! Ek het dit nie bedoel om vir ALTYD te immigreer nie. Draai tyd terug. Suid-Afrika is eintlik ok, en elkeen van die 50 redes waarom ek getrek het, moet moet moet verkeerd wees."
    Raad oor aanpassing. Dis normaal. Elke immigrant uit honderde lande sukkel 'n rukkie met die nuwe kultuur van hul nuwe land.

    Support the show

    9 min
  • Kanada Immigrasie 21.KLEIN DORPIES. Deel 2. Wat's fout daar?

    Send a text

    Episode 21. KLEIN DORPIES -- Deel 2. Ek wens ek kon net mooi goed oor Kanada skryf. As ek dadelik uit SA hier naby Vancouver kom woon het, sou ek nie hierdie dele oor klein dorpies geskryf het nie. Maar my "tyd in koue klein-dorp-Kanada dwing my om vandag braaf genoeg te wees en jou te waarsku. Dis te swaar. Probeer ander werk kry -- of maak nou al plan om na 4 jaar weg te trek daar. Jou kinders gaan buitendien daar wegtrek. Maak sommer nou al Plan B.

    Support the show

    11 min

About AudreyStories

From the publisher's feed

Audrey tells "Bedtime Stories for Adults" in English: set in intriguing countries/places. Parts of the stories are true, the rest is imagination - as all good stories should be. All the stories…