Send us a text
Goeie nuus. MEDIES is verniet in Kanada: Dokters (huisdokter en spesialiste), hospitaal verblyf, operasies, bloedtoetse,MRI ens. Wat is nie gedek nie? Medisyne. Dit klink te goed om waar te wees. Maar dit is so. Dis een van Kanada se heel beste voordele. Jy kry 'n nieroorplanting en dit kos jou nie 'n sent nie. Dis wonderlik. Mens sien jou huisdokter gou-gou en jy kan na die hospitaal se ongevalle toe gaan as jy baie siek is. (Of 911 bel, dan kom haal die ambulaans jou.). Maar .... ja, daar is 'n maar. Dit neem LANK om 'n spesialis te sien. Soms maande (behalwe as jy nood het, dan is dit gou). En mens wag maande vir 'n roetine CT-scan of MRI. Maar, as dit NOOD is, kry jy dit dadelik. Medisyne kan gedek word deur ekstra dekking te koop wat ons "Extended Health" noem. Mens kies om dit te koop en betaal maandeliks. Baie jong mense los dit. Gratis medies is 'n wonderlike bonus.
Support the show