
Sign up to save your podcasts
Or


Send a text
Episode 10. Jy staan en sweet in SA met sandale, 'n kort broek en t-shirt. Jy trek Desember Kanada toe. Jy en die kinders kort warm klere! Jy moet dit in Kanada koop -- want dit sal goedkoper wees en beter kwaliteit. Mens kort nie juis warm WATERDIGTE klere in SA nie. So, wat koop jy eerste en waarna moet jy kyk? SKOENE. Goeie skoene en hulle kan baie baie lelik wees. Jy gaan vir hulle lief word. "Waterproof" en warm tot -40 grade. Jip.
Support the show
Send a text
Ek wil eintlik glad nie hieroor praat nie. Maar KOEBAAI word 'n massiewe Olifant in die kamer en hy sit en loer as julle braaivleis hou. Die Olifant dra 'n wit en rooi Kanada vlag. Iewers, weet almal, gaan die dag kom waar mens moet sê: "Koebaai." Ek het paar keer 'n traantjie gaan stort toe ek hierdie stuk moes skryf. Koebaai is "the saddest song."
Support the show
Send a text
Goeie nuus. MEDIES is verniet in Kanada: Dokters (huisdokter en spesialiste), hospitaal verblyf, operasies, bloedtoetse,MRI ens. Wat is nie gedek nie? Medisyne. Dit klink te goed om waar te wees. Maar dit is so. Dis een van Kanada se heel beste voordele. Jy kry 'n nieroorplanting en dit kos jou nie 'n sent nie. Dis wonderlik. Mens sien jou huisdokter gou-gou en jy kan na die hospitaal se ongevalle toe gaan as jy baie siek is. (Of 911 bel, dan kom haal die ambulaans jou.). Maar .... ja, daar is 'n maar. Dit neem LANK om 'n spesialis te sien. Soms maande (behalwe as jy nood het, dan is dit gou). En mens wag maande vir 'n roetine CT-scan of MRI. Maar, as dit NOOD is, kry jy dit dadelik. Medisyne kan gedek word deur ekstra dekking te koop wat ons "Extended Health" noem. Mens kies om dit te koop en betaal maandeliks. Baie jong mense los dit. Gratis medies is 'n wonderlike bonus.
Support the show
Send a text
Ek het wonderlike nuus -- Daar's 'n maklike manier om vinnig te immigreer! Voor Kersfees is jy hier! EK JOK. Dis Willie-die-Wolf wat sulke snert vertel en hy is 'n immigrasie skelm wat koelbloedig vir jou gaan jok en jou geld gaan steel. Jy gaan slimmer wees as Willie-die-Wolf en jy gaan ook nie vir "Wimpie-weet-als" luister nie. Jannie en Sannie te TV breek. Hulle beeld is donker. Hulle wil da-de-lik 'n nuwe TV koop. Op die TV van hulle toekoms in hulle land, is alles donker. Daar is nie 'n toekoms-prentjie wat vir hulle goed lyk nie. Hulle raak angstig. "Willie-die-Wolf" kan dit RUIK en wys vir hulle die mooiste TV ooit -- met 'n toekoms in Kanada wat soos 'n kinderfliek is of 'n bitter goeie sepie. Word slim voor jy trek ...
Support the show
Send a text
Wat pak jy in? Hoe besluit jy wat moet saamtrek en wat verkoop moet word? Jy staan en staar na jou aardese goetertjies. Jy pil 'n traan. Jy moet van die los en van dit saamvat. Jy wil ALLES vat. Almal vra oor 'n krat op 'n skip. Ek sê: "Ja, beslis. Al is dit net 'n kleintjie." So -- die groot vraag. Wat moet saamkom? Die krag in Kanada is 220 V -- moet al jou elektriese goed dan bly? Nee, daar is goeie nuus daaroor. Wat anders is baie belangrik? En my hond?
Support the show
Send a text
SKOOL. (Deel 2) -- Spesiaal vir TIENERS. Dis 'n swaar ouderdom vir kinders om weg te trek uit SA. Hulle verloor al hulle vriende. Alles is hier anders. Ek verduidelik die hoërskool opset in Kanada om jou tieners te help. Ek is al 20 jaar lank 'n onderwyser in die Kanadese skoolsisteem. Ek het eers in 'n klein dorpie gewerk by laerskole en hoërskole. Op die oomblik werk ek in Surrey School District in die Lower Mainland, aan die weskus van Kanada. Ek is 'n "teacher-on-call" omdat ek van hierdie tipe werk hou. Ek is amper elke dag by 'n ander skool en ek gee alle vakke omdat ek werk as 'n onderwyser vir 'n dag afwesig is. Op die oomblik werk ek net by Sekondêre Skole en werk met tieners. My vak is Wiskunde. Ek geniet dit om met kinders te werk, en ek ken die skoolsisteem. Maar, ek het ook my eie 4 kinders deur die Kanadese skole help kom. Ek gee 'n paar wenke, want ek wens iemand het my voor die tyd raad gegee.
Support the show
Send a text
SKOOL. (Deel 1) -- Goeie nuus: skool is verniet tot in Graad 12. Maar alles is anders. Ek is al 20 jaar lank 'n onderwyser in die Kanadese skoolsisteem. Ek het eers in 'n klein dorpie gewerk by laerskole en hoërskole. Op die oomblik werk ek in Surrey School District in die Lower Mainland, aan die weskus van Kanada. Ek is 'n "teacher-on-call" omdat ek van hierdie tipe werk hou. Ek is amper elke dag by 'n ander skool en ek gee alle vakke omdat ek werk as 'n onderwyser vir 'n dag afwesig is. Op die oomblik werk ek net by Sekondêre Skole en werk met tieners. My vak is Wiskunde. Ek geniet dit om met kinders te werk, en ek ken die skoolsisteem. Maar, ek het ook my eie 4 kinders deur die Kanadese skole help kom. Ek gee 'n paar wenke, want ek wens iemand het my voor die tyd raad gegee.
Support the show
Send a text
TAX en Salaris. Wat gaan jy uitkry in Kanada? Iemand bied jou werk aan met 'n goeie salaris. Jy begin opgewonde raak: jy kan lekker lewe in Kanada. Maar -- jy gaan TAX betaal, eers op jou salaris, en dan verkoops-belasting op alles. Ek verpes die onderwerp, maar dit help nie ek praat oor mooi riviere in die berge of velde vol tulpe nie. In hierdie episode gee ek vir jou 3 salarisse, ek doen afrekkings sodat jy kan weet wat jy gaan uitkry (en dis persoonlike belasting en vir die provinsie British Columbia). Ons gaan koop daarna 'n matras, en jy gaan uitvind hoeveel ekstra TAX daar is. Dankie tog ek kan klaarmaak met hierdie onderwerp. Maar dis iets waaraan jy moet dink voor jy trek.
Support the show
Send a text
Jy wil Kanada toe trek. Wat moet jy heel heel eerste doen? Ek gee hier 'n lys van belangrike goed om aan te dink voor jy op die vliegtuig spring.
Support the show
Send a text
Dis die vraag wat almal vra. "Is dit koud in Kanada?" Dit hang af waar jy bly. Ek woon aan die weskus, naby Vancouver. Dis heerlik hier. Kies heel eerste waar jy wil woon in hierdie land wat so groot is soos 'n derde van Afrika. En "koud" is die verkeerde vraag. Wat pla is dat die dae in die winter baie kort is. In die somer skyn die son soms tot 11 uur. Dis die ware aanpassing. Is die koud waar ek bly? Nee. Dis sneeu dalk 2 keer 'n jaar en die sneeu verdwyn binne 'n dag of wat. In die somer speel mense hier in die berge langs riviere en stap in die digte ongerepte woude, omdat dit kroongrond is, en mens op baie plekke net kan tent opslaan.
Support the show
From the publisher's feed