Bonné De Bod besoek die asemrowende Grand Teton Nasionale Park in Amerika, die tuiste van die ikoniese grysbeer, oftewel grizzly, en ook die swartbeer. Sy word vergesel deur Justin Schwabedissen, die park se beer-bioloog, wat op ’n missie is om dié bere vir haar te wys.