Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeens... more
FAQs about Die bankroof – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Die bankroof – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 60 episodes available.
June 05, 2026Die bankroof – Episode 50Juliana wil Magriet help. Vincent loop hom vas op Kleinbult. Nettie kry onverwags ʼn uitnodiging wat haar op haar voete laat dink. Met haar besoek aan Philip se wynkelder vat sy ʼn gaping soos ʼn ware spioen....more13minPlay
June 04, 2026Die bankroof – Episode 49Shirley kry welkome hulp, maar terselfdertyd ʼn mondvol inligting wat haar op die verkeerde voet betrap. Magriet draai weer ʼn keer voor die tronkdeure om. Die skokke is nog lank nie verby vir Shirley nie....more11minPlay
June 03, 2026Die bankroof – Episode 48Juliana se groot dag breek aan. Die Julies Garage word ingewy. Een gelukkige gas by die spoggeleentheid wen ʼn splinternuwe motor. ʼn Ongenooide gas daag op. Wie ontmoet mekaar buite die tent vir ʼn gesprek?...more12minPlay
June 02, 2026Die bankroof – Episode 47Shirley hoor uiteindelik die waarheid, en sy is stukkend. Rachel betrek vir Magriet as haar hulp-in-nood. ʼn Gesprek in die park tussen Magriet en Shirley neem die bankroof in ʼn nuwe rigting....more11minPlay
June 01, 2026Die bankroof – Episode 46Philip hou nie daarvan dat die kaptein hom in sy Voorsitterskantoor besoek nie – en dit agter ʼn toe deur. Rachel keer uiteindelik terug vanaf Kaapstad. Haar inligting werp nuwe lig op die ondersoek na die bankroof....more11minPlay
May 29, 2026Die bankroof – Episode 45Die kaptein is ongelukkig omdat Rachel in Kaapstad vashaak en niks van haar laat hoor nie. Sy verras hom met ʼn paar brokkies interessante nuus. Hy kry ʼn skok wat hom soos vuishou in die maag tref....more11minPlay
May 28, 2026Die bankroof – Episode 44Juliana is opnuut geskok, toe sy Vincent in die hospitaal besoek. Die dag breek aan waarop die nuwe voorsitter van die Sakekamer verkies moet word. Daar is nuus oor die koeël waarmee die burgemeester geskiet is....more11minPlay
May 27, 2026Die bankroof – Episode 43Shirley deel, met die beste bedoelings, fluks raad uit. Maar soms bring raad nie goeie resultate nie. Iemand raak soek, en dit sorg vir groot bekommernis en konsternasie....more11minPlay
May 26, 2026Die bankroof – Episode 42Rachel Wolvaardt is op die oorlogspad, en die kaptein moet dit ontgeld. Philip gaan stap ʼn draai en sien iets wat hom na sy selfoon laat gryp om dit op kamera vas te lê. Maar dis nie al wat Philip ontstel nie....more11minPlay
May 25, 2026Die bankroof – Episode 41Op die oggend van die onthullingseremonie kom Juliana en Nettie agter daar is groot fout: Magriet antwoord nie haar selfoon nie. Nettie kry ʼn aanbod wat haar verras....more12minPlay
FAQs about Die bankroof – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Die bankroof – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 60 episodes available.