Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

By Maroela MediaFictionDrama
Download on the App Store

Die bankroof – ’n vervolgverhaal episodes

  • Die bankroof – Episode 30
    Die jongste skok op Maraisburg laat die dorpenaars behoorlik kwetter. Die meeste vingers wys na een mens. Die ondersoekende joernalis, Rachel, laat haar nie mislei deur skinderstories nie.
    11 min
  • Die bankroof – Episode 29
    Die vorige aand se skokkende verkiesingsuitslag word druk bespreek. Kaptein Van Rooy is klaar besig met sy volgende dringende ondersoek. Magriet word tot in haar fondamente geskud.
    10 min
  • Die bankroof – Episode 28
    Die spanning loop hoog by die saal waar die stemme ná die verkiesing getel word. Juliana word daar ingewag deur iemand wat haar ʼn lelike skrobbering gee.
    10 min
  • Die bankroof – Episode 27
    ʼn Bekommerde Juliana en Vincent sit dringend koppe bymekaar. Vincent word verras by sy huis. Daar is ʼn koorsagtige geskarrel op Maraisburg – die dag van die tussentydse verkiesing breek aan.
    11 min
  • Die bankroof – Episode 26
    Shirley is diep bekommerd en kry raad. Hoe en waar is Fanie Manders destyds vermoor? Magriet word geskok oor ʼn standbeeld wat in wording is.
    12 min
  • Die bankroof – Episode 25
    ʼn Onbekende man onder die koelteboom sorg vir ʼn opskudding. Die volgende berugte koevert maak sy verskyning en sorg vir ontsteltenis … en met rede.
    11 min
  • Die bankroof – Episode 24
    Juliana is passievol besig om stemme te werf vir die tussentydse verkiesing. Rachel is ywerig besig om haar feite oor die berugte koeverte op datum te kry. Sy merk ʼn motor op wat oral opduik en begin wonder.
    12 min
  • Die bankroof – Episode 23
    Iemand van wie ʼn mens dit nie verwag nie, ontferm haar oor Shirley. Philip en Magriet verskil weer heftig van mekaar. Shirley besluit om te gaan hulp soek.
    11 min
  • Die bankroof – Episode 22
    Vincent sien skielik kans om sonder sy prokureur sake aan te pak. Hy kom gou agter die kaptein het ʼn lang lys van beskuldigings. Hy gaan soek troos.
    12 min

About Die bankroof – ’n vervolgverhaal

From the publisher's feed

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn.