Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

By Maroela MediaFictionDrama
Download on the App Store

Die bankroof – ’n vervolgverhaal episodes

  • Die bankroof – Episode 40
    Die bankrower laat weer van hom hoor met ʼn dik koevert vol ontstellende foto’s. Die groot vraag is: Uit wie se sluitkissie kom die foto’s?
    12 min
  • Die bankroof – Episode 39
    Maraisburg kan nie uitgepraat raak oor die jongste ontdekking in Kleinbult nie. Vincent het sy bedenkinge hieroor. Hy kry ʼn oproep met ʼn uitnodiging wat hom verras.
    12 min
  • Die bankroof – Episode 38
    Juliana en Philip stamp nog ʼn keer koppe. Philip kry ʼn besoek op Carpe Diem wat hom verras. Dit dwing hom om deel te word van ʼn besoek aan ʼn huis in Kleinbult. Dié gebeure sorg vir ʼn opskudding op Maraisburg.
    12 min
  • Die bankroof – Episode 37
    Vincent kry ʼn onverwagse opdrag wat dringend afgehandel moet word. Prokureur Louis Ludik bly om verskeie redes op Rachel se radar. Sy vind belangrike dinge uit oor Louis.
    12 min
  • Die bankroof – Episode 36
    Daar is ʼn hand vol onbeantwoorde vrae oor die Fanie Manders Hulpfonds wat Rachel laat kopkrap. Sy bedink ʼn plan om Philip in eie munt terug te betaal.
    12 min
  • Die bankroof – Episode 35
    Joernalis Rachel Wolvaardt is besig om te krap waar dit ongemaklik raak. Sy is dringend op die spoor van prokureur Louis Ludik. Met watter belangrike inligting kom sy terug uit die Kaap?
    11 min
  • Die bankroof – Episode 34
    Magriet word na die polisiestasie ontbied. Nes sy dink sy gaan vir moord gearresteer word, daag hulp op. Die komende onthulling van Fanie en Pauline se standbeeld sorg steeds vir groot ongelukkigheid.
    10 min
  • Die bankroof – Episode 33
    Juliana sorteer haar saak met Nettie uit op ʼn manier wat Nettie verstom. Nettie kry ʼn oproep met ʼn aanbod wat haar eweneens stom laat. Juliana het allermins vergeet wie die dolk met die verkiesing in haar rug gedruk het.
    11 min
  • Die bankroof – Episode 32
    Shirley stel grense en besluit om drasties op te tree. Die bohaai oor die uitslag van die verkiesing wil nie gaan lê nie. Die volgende berugte koevert van die bankrower word afgelewer.
    11 min
  • Die bankroof – Episode 31
    Magriet Manders ontgeld dit toe die Kaptein by haar kantoor instorm. Die teksboodskap wat die burgemeester kort voor sy dood ontvang het, laat ʼn geskarrel ontstaan. Magriet kry onverwags hulp oor die standbeeld.
    11 min

About Die bankroof – ’n vervolgverhaal

From the publisher's feed

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn.