
Sign up to save your podcasts
Or


Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die Kwartaalikse Opname van Indienname bekend gemaak. Dit is anders as die arbeidsmagopname en die fokus is op indiensname in die formele sektor. Hiervolgens het indiensname afgeneem van die eerste na die tweede kwartaal van die jaar. Daar is 22 000 nuwe werksgeleenthede geskep, maar 141 000 poste het verlore gegaan. Die opname gee ook inligting oor vergoeding. Dit wys dat die gemiddelde salaris voor aftrekkings is R24 500 per maand. Dit het in Meimaand op ʼn jaargrondslag met net meer as 4% gestyg. Hierdie is nie goeie nuus nie, maar wat beteken dit vir ons?
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Inflasie in die VSA bly hoog en die Amerikaanse Federale Reserwebank het verlede week aangedui dat hulle verwag dat hulle rentekoers vir langer hoër sal moet bly. In Juniemaand het hulle nog gesê dat hulle beleidskoers tot 3,4% kan styg, maar nou word 4,4% in Desember verwag. Daar is die moontlikheid dat dit vroeg volgende jaar tot 4,6% kan styg. Hulle ekonomiese groei vooruitskatting is verminder tot net 0,2% vir 2022 en Jerome Powell het gesê dat die kans vir ʼn sagte landing word nou skraal. ʼn Wêreldwye resessie lyk nou na ʼn groter moontlikheid en dit is hoekom die dollar so versterk, die olieprys daal en beurse so swak vaar. Daar is ook ander dinge aan die gang.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Inflation in the US remains high and the US Federal Reserve indicated last week that they expect interest rates to remain higher for longer. In June they still said that their policy rate could rise to 3.4%, but now 4.4% is expected in December. There is the possibility that it could rise to 4.6% early next year. Their economic growth forecast was reduced to just 0.2% for 2022 and Jerome Powell said that the chance for a soft landing is now slim. A global recession looks like a greater possibility and that is why the dollar is so strong, the oil price is falling and stock markets are doing so poorly. There are other things going on as well.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Last week, the slight drop in the inflation rate and the Reserve Bank's 75 basis point repo rate increase were headline economic news as load shedding continued. In today's episode, I want to quickly reflect on the repo rate hike, and say something about the mini-budget in October.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Verlede week was die effense daling in die inflasiekoers en die Reserwebank se 75 basispunte repokoersverhoging ekonomiese hoofnuus terwyl beurtkrag voortgeduur het. In vandag se episode wil ek vinnig reflekteer oor die repo-koersverhoging, en iets sê oor die mini-begroting in Oktober.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Die Reserwebank het gistermiddag die repokoers met 75 basispunte verhoog tot 6,25%. Dit is algemeen verwag en volg die 75 basispunteverhoging van die Amerikaanse Federale Reserwebank Woensdag. Daar was ʼn paar interessante stukke nuus in die aankondiging.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Yesterday afternoon the Reserve Bank increased the repo rate by 75 basis points to 6.25%. This was widely expected and follows the US Federal Reserve's 75 basis point hike on Wednesday. There were some interesting pieces of news in the statement.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Statistieke Suid-Afrika het gister Augustusmaand se verbruikersprysinflasiekoers bekend gemaak en dit was goeie nuus, want dit lyk nou of Juliemaand wel die piek was op 7,8%, en dat inflasie se momentum nou begin afneem. Die afname na 7,6% word grootliks toegeskryf aan die vermindering van die brandstofpys in Augustus. Luisteraars sal onthou dat die petrolprys het met R1,32 per liter gedaal. Die daling in inflasie is ongelukkig nie genoeg dat verbruikers dadelik die verskil in hulle kruideniersmandjie gaan sien nie. Die pryse van voedsel en nie-alkoholiese drankies het steeds met 11,3% gestyg. Die vraag is of die VPI data vandag se repokoersbesluit veel gaan beinvloed.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Statistics South Africa yesterday announced August's consumer price inflation rate and it was good news because it now looks like inflation did peak in July and is now starting to slow. The decrease to 7.6% is largely attributed to the reduction of the fuel price in August. Listeners will remember that the price of petrol fell by R1.32 per litre. Unfortunately, the decrease in the inflation rate is not enough for consumers to immediately notice the difference in their grocery baskets. The prices of food and non-alcoholic beverages continued to rise by 11.3%. The question is whether this CPI data will affect today's repo rate decision.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Later vandag word Augustusmaand se verbruikersprysinflasiesyfer bekend gemaak en die verwagting is dat dit effens laer gaan wees as in Juliemaand se 7,8%. Die vraag is of dit die Reserwebank se repokoersbesluit veel gaan beinvloed.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.