
Sign up to save your podcasts
Or


Die tweede kwartaal se arbeidsmagopname het vriend en vyand verras met ‘n klein afname in die werkloosheidskoers vanaf 34,5% in die eerste kwartaal na 33,9%. Ook die uitgebreide werkloosheidskoers wat onmoedigde werkers insluit, het afgeneem. Dit blyk dat daar ʼn toename was van 648 000 werke van die eerste na die tweede kwartaal.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Ek het gister begin deur te praat van ligpunte in die ekonomie, maar hulle skyn nie in hierdie week se aanwysers nie. Statistieke Suid-Afrika maak Dinsdag die tweede kwartaal se werkloosheidskoers bekend, Woensdag verbruikersprysinflasie vir Juliemaand en Donderdag Produsenteprysinflasie ook vir Juliemaand. Die Reserwebank se leidende aanwyser van die sakesiklus word ook Dinsdag bekend gemaak. Die verwagting is allerwee dat dinge sleg gaan lyk.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
I started yesterday by talking about rays of light in the economic darkness, but they will not be shining in this week's indicators. Statistics South Africa will announce the second quarter unemployment rate on Tuesday, consumer price inflation for July on Wednesday and producer price inflation also for July on Thursday. The Reserve Bank's leading indicator of the business cycle is also released on Tuesday. The expectation is that things will look bad.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Hier en daar is ligpunte in die donker wat wys dat druk op pryse begin afneem, hoe wel ontleders verwag dat Julie-maand se inflasiesyfers wat hierdie week bekend gemaak word, hoogtepunte gaan wees. Teen amper September is verbruikers onder druk, produksie neem af, kommoditeitspryse het begin daal, en ons betaal selfs ʼn bietjie goedkoper vir petrol. Mense hou asem op dat ons dalk ʼn sagtelanding maak waar pryse begin daal voordat die ekonomie te veel inkrimp, maar verlede week het die Reserwebank so bietjie koue water oor ons uitgegooi. Hulle is natuurlik besorg dat die prysskokke van brandstof en voedsel gaan uitbrei na ʼn volgehoue proses van stygings van lone en pryse en het die Woensdag in die Parlement verduidelik.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Here and there are rays of light in the darkness that show that pressure on prices is starting to decrease – though analysts are expecting July’s inflation number that will be announced this week, to be even higher. Yet, by almost September, consumers are under pressure, production is decreasing, commodity prices have started to fall, and we are even paying a little less for petrol. People are holding their breath that we might make a soft landing where prices start to fall before the economy shrinks too much, but last week the Reserve Bank poured some cold water on us. They are naturally concerned that the shocks to fuel and food prices will expand into a sustained process of increases in wages and prices and they explained this in Parliament on Wednesday.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Hierdie week se belangrike ekonomiese datapunt was Juniemaand se kleinhandelverkopesyfers. Dit het op ʼn jaar-tot-jaar basis met 2,5% ingekrimp en verbruikers voel die impak van ʼn hoë inflasiekoers en stygende rentekoerse. Business Day het die syfers nageslaan dit wys dat van Januarie tot einde Junie het die petrolprys met R6,45 per liter gestyg, voedselprysinflasie was 9% en die prima-uitleenkoers het toegeneem van 7,5% tot 8,25%. Verbruikersvertroue het ook afgeneem in die tweede kwartaal. Dit het twee belangrike gevolge.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
This week's key economic data point was June's retail sales figures. Retail sales contracted by 2.5% on a year-on-year basis and consumers are feeling the impact of a high inflation rate and rising interest rates. Business Day checked the figures and it shows that from January to the end of June the petrol price rose by R6.45 per litre, food price inflation was 9% and the prime lending rate increased from 7.5% to 8.25%. Consumer confidence also declined in the second quarter. This has two important consequences.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
People everywhere are making predictions about what will happen in the future, but how much of it is cheap talk? If you are convinced that the Springboks will beat the Wallabies you can bet money on it, but what about all the predictions about interest rates and how much they will rise this year? In the US there is now a market for this, and it is known as Kalshi.com.
* The Economics Minute is supported by the NWU Business School.
Oral is mense besig om voorspellings te maak oor wat in die toekoms gaan gebeur, maar hoeveel daarvan is goedkoop praatjies? As jy oortuig is dat die Springbokke die Wallabies gaan klop kan jy geld daarop verwed, maar hoe gemaak met al die voorspellings oor rentekoerse en met hoeveel dit hierdie jaar nog gaan styg? In die VSA is daar nou ‘n mark vir dit, en dit staan bekend as Kalshi.com.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Dit is die beste om aan die begin van hierdie episode te sê ek is nie ʼn landboukundige nie. Ek volg wel die nuus dat die Minister van Landbou gister aangekondig het dat as gevolg van bek-en-klouseer word daar vir 21 dae ʼn verbod ingestel op die verskuiwing van beeste. Dit beteken dat boere nie beeste kan skuif tussen weidings nie en dat geen veilings gehou kan word nie. Waar die kontanvloei dun is gaan dit druk plaas op individuele boere en vir die res van ons kan dit die verskaffingsketting van beesvleis ontwrig. Dit het verseker ekonomiese gevolge, maar kan ekonomie dalk andersins lig ook op die saak werp?
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.