Die resultate van die kwartaalikse arbeidsmagopname van die eerste kwartaal van 2021 is gister bekend gemaak. Werkloosheid volgens die eng definisie het tot 32,6% gestyg. Volgens die uitgebreide definisies is die werkloosheidskoers 43,2%. Nuus van ʼn rekord-werkloosheidskoers klink dalk skokkend, maar die veranderinge vanaf die vierde kwartaal is eintlik klein en selfs dalk ʼn bietjie interessant as mens nader ondersoek instel.