Met nog een week oor in die saal is 150 van die wêreld se elite fietsryers besig om ons almal voor ons TVs vasgenael te hou. Die Tour de France is meer as 3400 kilometer, meestal deur die asemrowende Franse platteland. Dit gaan oor 8 bergpasse en die vinnigste spoed wat nog gemeet is teen so bergpas af, is 101km per uur. Dit is ʼn skouspel, maar waar is die geld in dit alles?