Twee oumense wag tevergeefs vir hulle seun wat ná die Tweede Wêreldoorlog as vermis aangegee is. In hulle hartseer raak hulle vervreemd van vriende en familie, maar elke Kersfees word die Kersboom hoopvol versier en in die voorkamer uitgestal vir die groot hereniging.