Die beskikbaarstelling van artiretrovirale middels sedert 2008 help op 'n ingrypende wyse om vigssterftes in Suid-Afrika te verminder. Nogtans kondig Statistiek Suid-Afrika in Mei 2013 aan dat daar reeds 5,26 miljoen mense met MIV/vigs in die land is—tien persent van die bevolking. En wat meer is, die syfer styg steeds. Piet Steyn speek die MIV/Vigs probleem subtiel aan en tog is daar 'n dringendheid, 'n waarskuwing vir almal wat nie bewus is van die erns van die probleem in ons land nie.