Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.
July 22, 2026Paaldansfiasko‘n Paaldans het skeef geloop in Amerika. Toe die paal skuif, tref dit ‘n brandsproeier wat twee woonstelle met waterskade gelaat het....more2minPlay
July 21, 2026Êrens oorsee: Kobuleti, GeorgiëArnold Bothma vertel vir Martelize Brink van Georgië se kultuur. Dié oudpolisieman het afgetree in die dorp, Kobuleti....more16minPlay
July 21, 2026Bradley se vakmanskap uit die 19de eeuYstersmid Bradley Cloete werk met vuur wat tot 1 800 grade Celsius warm kan wees. Johan Rademan het op Soetmelksvlei gaan kyk hoe hy ‘n klinknael maak....more7minPlay
July 21, 2026Japan se spookinspekteursIn Japan oornag mense in sogenaamde spookhuise om te bewys dat daar niks ongehoord gebeur nie. ‘n Sertifikaat help dan om die waarde van die eiendom te verhoog, siende dat mense huiwerig is om ‘n gestigmatiseerde eiendom te koop of huur....more3minPlay
July 20, 2026Drie keer 'n week in die Kruger!Sonia Dillon vertel vir Martelize Brink dat sy en haar man Curtis, minstens drie keer per week die Nasionale Krugerwildtuin besoek en verfilm. Hulle waarnemings is te sien by DustBugs Travel, 'n YouTube-kanaal....more9minPlay
July 20, 2026In die wêreld van landbou 20 Julie 2026In hierdie week se landbounuus: ‘n Nuwe diensverskaffer aangestel om die staat se brandbestuurprogram te koördineer. Agbiz waarsku teen ekonomiese onsekerheid in die tweede helfte van die jaar. AgriSA kondig ’n vennootskap aan in die geveg teen landelike misdaad. ‘n Span van die Universiteit Stellenbosch wen vanjaar se Veeplaas/Stockfarm-studentevasvrakompetisie....more6minPlay
July 20, 2026Die gaarmaak van atipiese vleissnitteProf. Phillip Strydom vertel hoe atipiese beesvleissnitte, soos picanha, gaar gemaak behoort te word....more14minPlay
July 20, 2026Krokodil-sekuriteitIsrael se Minister van Omgewingsbeskerming het die Nylkrokodil herklassifiseer as 'n versorgde wilde dier. Dít baan die weg dat die diere by gevangenisse ingespan kan word vir sekuriteit....more3minPlay
July 17, 2026Francois is versot op branderroeiVan kindsbeen af is Francois Steyn versot op branderplankry, wat later in kompeterende branderroei (Waveski) ontwikkel het. Hy het al Suid-Afrika verteenwoordig in branderroei, en is eersdaags op pad om Peru se branders aan te durf. Johan Rademan het met hom gesels oor dié sport, en hoe hulle dit vir ontwikkelingsdoeleindes inspan....more9minPlay
July 17, 2026360 Speseryroete: Die inlê van sitrusJacques Erasmus van Hemelhuijs vertel sitrusvrugte die beste is om in te lê, die kortpaaie en die regte verhouding tussen vrugte, suiker en water....more14minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.