Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.
July 10, 2026Vlieg sonder papiere‘n Vlieënier het vir 17 jaar lank by Air Canada as kaptein gewerk, sonder die regte lisensie. Sowat 900 vlugte later kom hulle dit toe agter....more2minPlay
July 09, 2026Die verpleegsters van Karl BremerDie Karl Bremer-hospitaal in Bellville in Kaapstad se noordelike voorstede is vanjaar 70 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs het drie van die heel eerste bruin verpleegsters opgespoor wat desjare daar begin werk het, nadat die hospitaal oopgestel is vir almal....more9minPlay
July 09, 2026Jonk: Geprosesseerde kosDieetkundige Valpré Huisamen vertel hoe moderne geprosesseerde kos ontwerp word in laboratoriums....more11minPlay
July 09, 2026GrondboontjiebotterkunsDie Nederlandse konseptuele kunstenaar, Wim T. Schippers, is verlede maand oorlede. Ter herdenking stal Museum Boijmans Van Beuningen sy werk, Pindakaasvloer, uit. Dit is 263 kg se grondboontjiebotter, wat 2 cm dik in die vorm van ‘n 25 vierkante meter heksagoon gesmeer is....more2minPlay
July 08, 2026Sandra op 78Op 78 is die bekroonde aktrise, Sandra Prinsloo, nog aan die gang in die vermaakbedryf. Trouens, soms kan sy self nie glo dat sy al sterk op pad 79 toe is nie. Haidee Muller-Isaacs het met haar gesels oor nuwe dinge in 2026, en oor die ou dae in die bedryf....more9minPlay
July 08, 2026Wat kan ons leer by… Die Koningin van SkebaDr. Mandie Uys vertel van die Koningin van Skeba wie se seun by koning Salomo die eerste van sy bloedlyn was, wat vir byna 3 000 jaar in Ethiopië regeer het....more9minPlay
July 08, 2026Tweedehandse borsinplantingsIn Rusland druk die ekonomie, en vroue verkoop hulle borsinplantings aanlyn op die tweedehandse mark nadat dit verwyder is. Jy kan egter nie die prostese weer vir iemand anders inplant nie....more2minPlay
July 07, 2026Êrens oorsee: RoemeniëCasper Kruger gesels oor die lewe in Băbana, naby die stad Pitești in Roemenië....more10minPlay
July 07, 2026Sorgverlatersprogram vir jongmenseAlda Fourie vertel vir Martelize Brink van Engo Vrystaat se sorgverlatersprogram wanneer jongmense te oud word om in jeugsorgsentrums te bly....more12minPlay
July 07, 2026Besteel terwyl hy steelJalen Godard het in Maryland in die VSA sy rieme styfgeloop toe sy motor gesteel is terwyl hy inbreek by ‘n winkel. Toe hy die diefstal by die polisie aangee, sit hulle een en een bymekaar, en vir Jalen in boeie....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.