Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
December 10, 2024Gestremdes en geslagsgebaseerde geweldTherina Wentzel vertel vir Martelize Brink van die euwel van geslagsgebaseerde geweld in die gestremde gemeenskap, en die Nasionale Raad van en vir Mense met Gestremdhede se veldtogte....more9minPlay
December 10, 2024Judy Garland se skoene vir miljoene verkoopDie robynkleurige skoene wat Judy Garland in The Wizard of Oz gedra is, is die duurste rolprentitem wat tot nog toe op ‘n veiling verkoop is. Die prys was $28 miljoen voor kommissie, wat die bedrag tot $32,5 dollar opgestoot het....more2minPlay
December 09, 20242025 se Voël van die JaarDr. Hanneline Smit-Robinson va Birdlife Africa vertel van die simbiose tussen die rooibekrenostervoël en hulle gasheerdiere. Dié voëls help selfs tot ‘n mate om renosters teen stropers te waarsku!...more7minPlay
December 09, 2024Eeue oue tradisies neffens superruimtetegnologieDie nedersetting, Skietfontein, waar Khoi-en-San-tradisies gehandhaaf word neffens supertegnologie om die buitenste hemelruim te verken, moet fyn bestuur word. Argitek Liza-Mari Potgieter sê dié tradisies is net so belangrik soos die modern tegnologie. Johan Rademan het met haar gesels oor tradisies in die Carnavon-omgewing....more8minPlay
December 09, 2024Wat verg dit om 'n heuningboer te wees?Hans Steenpoorte vertel vir Martelize Brink van heuningboerdery, heuning wat ryp is, en die invloed van reën op die heuningoes....more11minPlay
December 09, 2024Raygun skiet musiekspel af‘n Satiriese musiekblyspel oor Raygun se deelname aan die Olimpiese Spele is gestop deur Rachel Gunn se regspan. Hulle voer aan dat die kangaroehop- en sproeier-danspasies Raygun se intellektuele eiendom is, en nie gebruik mag word nie....more2minPlay
December 06, 2024Liza the Pole MonkeyLiza du Plessis, ook bekend as Liza the Pole Monkey, is n ywerige paalsport-entoesiasties. Sy is ‘n argitek wat spog met ’n meestersgraad, en het haar nasionale kleure in dié sportsoort verwerf, en ook 12de by die wêreldkampioenskappe geëindig. Dié groeiende sportsoort word dikwels gestigmatiseer as paaldans. Johan Rademan het met Liza gesels....more10minPlay
December 06, 2024360 Speseryroete - Deel 63Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor roosmaryn....more9minPlay
December 06, 2024Ou liefde‘n 74-jarige albatros genaamd Wisdom is die oudste voël in die natuur waarvan mense weet. Nadat haar vorige mannetjie sedert 2021 nie meer gesien is nie, het sy nou ‘n nuwe mannetjie gekry, en het weer ‘n eier gelê. ‘n Ander storie van ou liefde is Bernie Littman en Marjorie Fiterman wat op 100 en 102 jarige ouderdom die pasgetroude paartjie met die hoogste gemiddelde ouderdom geword het, toe hulle vanjaar afgehaak het....more2minPlay
December 05, 2024“Skei jou gewelddadige man”Dit is alweer die tyd vir die 16 Dae veldtog van Aktivisme vir Geen Geweld Teen Vroue en Kinders. In KwaNojoli, voorheen bekend as Somerset-Oos, het 'n vrou, wat net as Siena bekend wil staan, aan Mariska Spoormaker gesê sy het na agt jaar van erge mishandeling besluit om te skei, eerder as om ‘n klomp dode in haar huwelik te beleef....more8minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.