Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
October 23, 2024Graham en Cynthia draf deur die leweGraham en Cynthia Jooste word albei 60 in 2025. Dié Kaapse-paartjie is absoluut gaande oor wedlope. Cynthia skrik nie vir 'n groot marathon nie, en Graham hou van die 10km en 21 km-wedlope. Deesdae ondersteun hy maar liefs sy vrou vanaf die sypaadjie. Maar dan is daar die ander ding: Cynthia weier om op te hou draf, ten spyte van verskeie beserings en diabetes, en selfs al het die dokter haar al gevra om handdoek in te gooi. Sy het die afgelope naweek die Kaapstad-marathon voltooi, en daar is net geen keer nie. Haidee Muller het met dié twee gesels....more8minPlay
October 23, 2024Pizza en kokaïen‘n Duitse pizzeria is gesluit nadat hulle met hulle nommer 40 pizza op die spyskaart ook kokaïen bedien het!...more2minPlay
October 22, 2024Êrens oorsee 22 Oktober 2024Lalie Kossatz vertel van die lewe in Örnsköldsvik in Swede - van die gesonde leefstyl tot geblikte vrot vis....more13minPlay
October 22, 2024Mej. Tiener - 31 jaar laterHaidee Muller-Isaacs het Aloïse Nortjé onlangs op straat herken. Sy was in 1993 Huisgenoot se Mej. Tiener, toe sy 'n sewentienjarige plaasmeisie van George was. Jare later is Aloïse se dogter as Sarie se Nuwe Gesig 2023 gekroon. Haidee het by Aloïse gaan kuier om uit te vind wat sy deesdae alles doen....more9minPlay
October 22, 2024Nuwe landbou-organisasie vir studenteMeent Borcherds en Adriaan van Wyk vertel vir Martelize Brink van Stellenbosch Landbou, ‘n organisasie waar studente blootstelling kry aan die landboubedryf, weg van die boeke, waar hulle kan sosialiseer om netwerke te bou....more9minPlay
October 22, 2024Sê vinnig koebaai!Die Dunedin-lughawe in Nieu-Seeland het ‘n beperking van drie minute op afskeiddrukkies in die aflaaigebied geplaas. Vir ‘n langer afskeid moet jy na die parkeergebied gaan....more1minPlay
October 21, 2024Hier is honde jou stapgidse!Vroeër jare was Skollie, hond van die plaas Bo-Kloof in Baviaanskloof, wêreldbekend as ywerige stapgids wat besoekers op stap geneem het. Nou kan Oesterbaai in die Oos-Kaap weer spog met nie een nie, maar twee viervoetige stapgidse. Dit is Ruby en Charlie, twee skaaphonde wat stappers op die eerste dag van die Chokka voetslaan-uitdaging op die nagenoeg 18km-roete lei. Mariska Spoormaker het gaan saamstap....more7minPlay
October 21, 2024Skisofrenie en ondersteuningChrisna Steenkamp vertel van haar belewenis van skisofrenie, en hoe belangrik dit vir jou ondersteuningsnetwerk is om ingelig te wees....more8minPlay
October 21, 2024Amerika se barbeque-museumKansas City kry volgende jaar die wêreld se eerste barbeque-museum....more4minPlay
October 18, 2024David Kramer se Orpheus McAdoo weer op die plankeIn 1890 kom ‘n Afro-Amerikaner met sy vrou en die Virginia Jubilee Singers in Suid-Afrika toer. Tien jaar gelede het David Kramer se musiekblyspel oor dié man, Orpheus in Africa, groot byval gevind in die destydse Fugardteater. David en sy geselskap neem die produksie nou saam met Kaapstad Opera na ‘n nuwe vlak. Johan Rademan het van die laaste repetisies van Orpheus McAdoo bygewoon, en ‘n opgewonde David Kramer daar aangetref....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.