Die kuns van die gebruik van hout in wyn, hang van die kunstenaar, of wynmaker, af. Die prys van hout met die wisselkoers is ‘n duur kommoditeit, maar die leeftyd van die wynvate kan met die gebruik van stoom gerek word, volgens Pitniel Coetzee, wat vier maande lank in Kalifornië wynmaak studeer het.