Die slimfoon-horlosie het dalk weer die dra van horlosies ‘n hupstoot gegee – maar andersins is horlosie dra nie meer so algemeen soos ‘n paar dekades gelede nie. Een ding is verseker: dit bly steeds ‘n gewilde versamelaars item. Jacqui January het op Kleinmond in die Wes-Kaap met Phillip Lourens, 'n 2de handse en antieke winkel eienaar - oor sy versameling gesels.