Thereza Raman het eers op 40-jarige ouderdom haar matrieksertifikaat gekry. En nou die dag het sy, op 56, haar meestersgraad in onderwys en volwasse leer- en wêreldwye verandering aan die Universiteit Wes-Kaapland ingepalm. En dis nog lank nie al nie, Thereza begin in Januarie as skoolhoof van Hoërskool Namakwaland op Springbok