Die oud-aktrise en TV-aanbieder, Christi Panagio, vertel van haar lewe as tuisblyma, tuisonderrig en die wonderlike voorreg om nou saam met manlief, die Survivor-aanbieder Nico, te kan reis. Hulle probeer ‘n eie ritme volg, en om hulle twee dogtertjies uit die boks uit groot te maak. En ja, hoewel sy graag vinnige of hartsprojekte aanpak, en staan Nico alte graag in, kom hulle kinders se belange vóór werk, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.