Vandaliste is besig om die historiese hart van Gqeberha uit te ruk, maar op grondvlak word die teendruk van inwoners, kunssinniges, sommige politici en toerisme-verteenwoordigers al hoe sterker, het Mariska Spoormaker gevind toe sy die voorstad, Sentraal, besoek het. Daar het sy ook die Baaienaar, Norman John Visser, raakgeloop.