Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,471 episodes available.
September 20, 2022Prince Albert Community Trust help die jeugHaidee Muller-Isaacs het onlangs gaan op Prins Albert gaan kuier waar die Journey of Jazz-bekendstelling plaasgevind het. Daar het sy meer gehoor van die werk wat die Prince Albert Community Trust onder die jeug doen, en hoe hulle die jonges motiveer om hulle talente in te span en op te skerp....more11minPlay
September 20, 2022Nordiese WêreldstapkampioenskapLohra de Waal vertel van die Nordiese Wêreldstapkampioenskap in Pole waaraan sy onlangs deelgeneem het....more11minPlay
September 19, 2022Dierenood in KhayelitshaMarcelle du Plessis vertel van die dierenood in Khayelitsha, en hoe Mdzananda Dierekliniek nou die enigste ander diere-organisasie in Khayelitsha oorneem omdat hulle nie kop bo water kan hou nie....more11minPlay
September 19, 2022Die Baai se verborge kulturele skatIn Erfenismaand het Mariska Spoormaker een van die Baai se verborge kulturele skatte gevind. Dit is ‘n versameling van 67 geborduurde kraalkunswerke wat van oudpresident Nelson Mandela se bekendste uitdrukkings uitbeeld. Tony Neveling van Nelson Mandelabaai het saam met Mariska gaan kyk....more11minPlay
September 19, 2022Sien om na jou balansFisioterapeut Eliznah Hermann vertel vir Martelize Brink van die belangrikheid daarvan om in jou veertigs na jou balans om te sien....more9minPlay
September 16, 2022Hoe word iets klankdig gemaak?Allan Wilson vertel vir Martelize Brink hoe jy iets klankdig maak....more11minPlay
September 16, 2022Klapmuts Hotel se legendariese kroegman tree afHaidee Muller-Isaacs het weer by die Laagwaterkroeg in die Klapmuts Hotel gaan kuier, waar geliefde Oom Dougie meer as 60 jaar lank as kroegman gewerk het. Oom Dougie het uiteindelik afgetree, en daar is 'n trustfonds vir hom gestig uit die opbrengste van 'n veiling, wat die aand van sy afskeid plaasgevind het - alles om die legendariese kroegman se pensioen aan te vul....more11minPlay
September 16, 2022Erfenistoer van veteraanmotorsFienie Hoepfner vertel van vanjaar se Erfenistoer van veteraanmotors waaraan sy deelneem. Sy is agter die stuur van Isabella, 'n 1955 DKW....more8minPlay
September 15, 2022Wanneer is ‘n plek ‘n dorp of ‘n stad?Gerrit Jordaan vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe daar bepaal word wanneer ‘n plek ‘n dorp of ‘n stad is....more12minPlay
September 15, 2022Oos-Kaapse kinderkore klink weer op ná CovidTwee jaar lank het Covid-19 en die gepaardgaande pandemiebeperkings die kinderkoorklanke in die Oos-Kaap stilgehou. Nou word daar hard gewerk om soveel as moontlik kinderkoorstemme weer te laat opklink. Sover lyk dit asof daar sukses behaal word, want kaartjies vir 'n gesamentlike optrede later vandeesmaand deur die Oos-Kaapse Junior Kinderkoor, die Kinderkoor, die Jeugkoor en skoolkore is reeds uitverkoop. Mariska Spoormaker het met Marilise van Rooyen, dirigent van die Oos-Kaap Kinderkoor, hieroor gepraat....more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,471 episodes available.