Hierdie is die storie van ‘n hardwerkende matriekseun, ‘n joernalis, en ‘n weldoener in Amerika. Dylon Baartman, verlede jaar se hoofseun van die Hillside Technical High School in die Baai, staan in die hoofrol. Skaars het ‘n berig oor hom in die koerant en aanlynweergawe daarvan verskyn, of ‘n expat in Amerika besluit om betrokke te raak. Roslyn Klaasen, ‘n vryskutjoernalis wat die storie oor Dylon gedoen het, gee meer agtergrond aan Mariska Spoormaker.