HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Linda van Greuning, direkteur van HGG-Trustdienste, lig ons toe oor die noodsaaklikheid van 'n geldige testament, en verduidelik verwante begrippe. Aan die vooraand van September (waarin Testamentweek ook tradisioneel val), nooi sy jou om gratis jou testament tussen 13 en 17 September 2021 deur HGG Trustdienste te laat opstel, of te laat hersien.