Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
January 21, 2026Die reisende klaskamerDie Reisende Klaskamer is ‘n skool wat na die kinders toe gaan. Dis ’n opvoedkundige inisiatief deur DGB, ‘n wynprodusent en -verspreider. Twee mobiele rekenaar- en biblioteekklaskamers reis deur die wynlande, en besoek 19 laerskole op ‘n tweeweeklikse basis. Dit is daarop gemik om die opvoedkundige gaping te oorbrug, en meer as 5 000 laerskoolkinders en 153 onderwysers te inspireer. Haidee Muller-Isaacs praat met Ree du Toit oor hierdie inisiatief, wat onlnags 'n internasionale pluimpie gekry het....more10minPlay
January 21, 2026Wat kan ons leer by… 21 Januarie 2026Dr. Mandie Uys vertel van die Babiloniërs. Babilon was uiters strategies geleë waar die Tigris- en die Eufraatriviere bymekaar kom, in wat vandag Irak is. Die stad se ligging was uitstekend vir in- en uitvoere....more9minPlay
January 21, 2026Identiese tweeling-troueIn China gons die internet oor ‘n familiefoto by ‘n troue. Identiese tweelingbroers het met identiese tweelingsusters getrou. By die troue was die bruide se identiese tweeling-ooms, so ook die bruidegomme se identiese tweeling-ooms....more2minPlay
January 20, 2026Êrens oorsee 20 Januarie 2026Nick Bezuidenhout vertel van sy nomadiese bestaan. Die afgelope ses jaar was hy al in 17 lande. Hy vertel van Panama waar hy nou al twee maande bly....more13minPlay
January 20, 2026Kabeljous-reservaat vlammehel gespaarMet die verwoestende brande wat tot verlede week nog in die Kouga-streek gewoed het, is die Kabeljous-reservaat buite Jeffreysbaai gelukkig ‘n vlammehel gespaar. Dié reservaat is een van die weinige plekke wat nog ‘n veilige habitat vir die bedreigde witkruisvleivalk bied. Hoewel dit ‘n provinsiale reservaat is, word dit al jare lank deur vrywilligers van die Kabeljous Reservaat Aksiegroep in stand gehou. Hennie Swanevelder, afgetrede provinsiale natuurbewaringsbeampte, gesels met Mariska Spoormaker....more8minPlay
January 20, 2026Ultrakoue-marathonIn Rusland word ’n ultra-marathon in ysige omstandighede gehardloop. Die Pole of Cold Oymyakon-marathon se 50 km is verlede week in -41 grade Celsius gehardloop....more2minPlay
January 19, 2026Die kwesbare sekretarisvoëlCassie Carstens praat oor sekretarisvoëls, wat mens in die gras sien stap. In Suid-Afrika is hulle as kwesbaar gelys, maar daar is groter uitdagings vir hulle voortbestaan verder op die vasteland....more13minPlay
January 19, 2026DF Akademie se tuintannieHaidee Muller-Isaacs kuier by Lorinda Smit, die tuintannie by DF Akademie. Lorinda vertel van die inspirerende tienerseun wat aanvanklik die saadjie geplant het vir hierdie tuinplanne....more9minPlay
January 19, 2026Jou naam se komvandaan 19 Januarie 2026Dr. Willem Botha vertel waar dinge fout gaan met name opgee, asook die variasies van Johan....more13minPlay
January 19, 2026Sand vir Saoedi-ArabiëDit klink vreemd, maar Saoedi-Arabië voer sand in. Hulle het so baie, maar dit is nie geskik om mee te bou nie. Hulle bousand word hoofsaaklik van Australië af ingevoer....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.