Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
April 03, 2020DriesestigElzaan Smith vertel vir Sue Pyler hoe sy haar linnefabriek in 'n gesigmaskerfabriek omskep het....more10minPlay
April 03, 2020DriesestigAs daar nou een gemeenskapsprojek is wat nie deur die Covid19-inperking gesneuwel sal word nie, dan is dit Uitenhage se Mulla-projek waar nagenoeg 290 weerlose kinders herwinbare rommel kan ruil vir onder meer kos en klere. Quinette Goosen, afgetrede onderwyser en voorsitter van die projek, het aan Mariska Spoormaker gesê hulle is nou baie bekommerd oor die kinders....more9minPlay
April 03, 2020DriesestigNá twee jaar waarin Die Kwik Styg op klimaatsverandering gefokus het, is dit tyd om te groet. Lizma van Zyl gesels in die laaste program met dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Department van Landbou, wie se breinkind die reeks was. Hulle bespreek die uitdagings wat deur die uiteenlopende groep kundiges oor die afgelope twee jaar uitgelig is, asook die pad vorentoe....more15minPlay
April 02, 2020DriesestigMichelle Holtzhausen vertel vir Sue Pyler van die waarde van kreatiwiteit, en die Creative Hobbies Hub wat daagliks 'n gratis aanlyn kunsvlytwerkswinkel aanbied....more7minPlay
April 02, 2020DriesestigDr. Jan Botha praat met Martelize Brink oor die uitdaging om midde in die Coronaviruskrisis hoop te skep. Hulle kyk na drie fokusareas - leer, afleer en spesiaal herleer....more12minPlay
April 02, 2020DriesestigHierdie storie gaan nou oor 'n vrou van Despatch wat verlede jaar begin het om feitlik haar hele tuin in 'n groentetuin te omskep. Haar naam is Maro Swanepoel, en haar grootste beweegrede vir die reuse groentetuin was om deur 'n persoonlike krisis te werk. En net toe Maro 'n groot oes van haar dorpserf gehaal het, is die Covid-19 staat van inperking aangekondig. Mariska Spoormaker wou by haar weet hoe sy nou oor alles voel....more10minPlay
April 01, 2020DriesestigMaritza Muller vertel vir Sue Pyler hoe mense met demensie, en die mense wat na hulle omsien, die Covid-19 aanslag behoort te hanteer....more9minPlay
April 01, 2020DriesestigMaryke Musson van die Twee Oseane Akwarium bring ons op hoogte oor ons verkenner, Yoshi die seeskilpad....more4minPlay
April 01, 2020DriesestigDieetkundige Irene Labuschagne gesels met Martelize Brink oor die rol van vitamiene C en D in immuniteit....more15minPlay
March 31, 2020DriesestigArbeidsterapeut Cecile Niewoudt vertel vir Sue Pyler van die belangrikheid van stimulasie vir klein kindertjies weg van die kleuterskool....more9minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.