Kort na die Tweede Wêreldoorlog in 1949, voor televisie en selfone, het Pieter de Waal met sy koffiehuiskonserte, wat op die radio uitgesaai is, baie gedoen om die moreel van die mense te lig. In hierdie isolasietydperk in Suid-Afrika speel humor weer 'n groot rol, en is daar aansienlik meer kanale en middele tot ons beskikking om ons self besig te hou en te vermaak, maar RSG bly een van die staatmakers van toeka tot nou. Johan Rademan het in die argiewe van die SAUK gaan delf, en op die karakter Piet Pompies afgekom. Pieter van der Byl wat die karakter geskep het, vertel hoe hy oor 'n tydperk van 11 jaar mense met Piet Pompies en ander karakters vermaak het van 1949 tot 1960.