Die Britse renjaer, sir Stirling Moss, is onlangs oorlede. Hy was 90 jaar oud. Hy is in 1929 gebore, en is wêreldwyd gerespekteer vir sy vaardighede agter die wiel in vele dissiplines van die motorsportbedryf. In 1962, ná 'n groot ongeluk, het hy die motorsportwêreld as jaer vaarwel gewuif, maar hy het daarna tot in 2018 aktief betrokke gebly by die sport en ook op vele ander terreine. Johan Rademan het met ons eie wêreldster, Sarel “Supervan” van der Merwe, oor sy kennismaking met Stirling Moss gesels.