Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Driesestig
    In Richmond Hill, een van Port Elizabeth se mees digbewoonde voorstede, woon daar 'n vrou wat al 17 jaar lank African Grey-papegaaie rehabiliteer. Haar naam is Monique Maritz, en net soos ander mense met hulle honde gaan stap, stap sy met haar papegaaie. Die enigste verskil is dat sy op die grond is, en hulle in die lug bo haar kop. Mariska Spoormaker wou by haar weet hoe die storie werk.
    8 min
  • Driesestig
    Biokinetikus Marius Cornelissen praat oor ergonomika vir 'n tuiskantoor. Hoe voorkom jy rug- en skouerbeserings en chroniese pyn?
    7 min
  • Driesestig
    Prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg praat oor die strategiese belangrikheid van stedelike landbou.
    8 min
  • Driesestig
    Is jy lief vir Afrikaanse letterkunde, of wil jy dalk een van jou gunstelingskrywers se letterkunde-werklihede beleef? Hoe het Ingrid Jonker of Antjie Krog of Ernst van Heerden of DJ Opperman se persoonlike boekversamelings gelyk. Wat het hulle gelees en wie het hulle geprikkel in hulle eie kreatiewe bestaan? Die ironie is dat jy jou dalk na meer informele bronne in Suid-Afrika of selfs na die buiteland sal moet wend. Johan Rademan het met dr. Daniel Hugo hieroor gesels.
    11 min
  • Driesestig
    Is jy lief vir Afrikaanse letterkunde, of wil jy dalk een van jou gunstelingskrywers se letterkunde-werklihede beleef? Hoe het Ingrid Jonker of Antjie Krog of Ernst van Heerden of DJ Opperman se persoonlike boekversamelings gelyk. Wat het hulle gelees en wie het hulle geprikkel in hulle eie kreatiewe bestaan? Die ironie is dat jy jou dalk na meer informele bronne in Suid-Afrika of selfs na die buiteland sal moet wend. Johan Rademan het met dr. Daniel Hugo hieroor gesels.
    11 min
  • Driesestig
    Wanneer Johnny Koen oor fietsry praat, slaan sy geesdrif vir hierdie sportdissiplinne onmiddelik deur. Hy het baie lewenslesse in die saal geleer, en deel van die hoogtepunte in sy fietsry-era met Johan Rademan.
    18 min
  • Driesestig
    Die Britse renjaer, sir Stirling Moss, is onlangs oorlede. Hy was 90 jaar oud. Hy is in 1929 gebore, en is wêreldwyd gerespekteer vir sy vaardighede agter die wiel in vele dissiplines van die motorsportbedryf. In 1962, ná 'n groot ongeluk, het hy die motorsportwêreld as jaer vaarwel gewuif, maar hy het daarna tot in 2018 aktief betrokke gebly by die sport en ook op vele ander terreine. Johan Rademan het met ons eie wêreldster, Sarel “Supervan” van der Merwe, oor sy kennismaking met Stirling Moss gesels.
    11 min
  • Driesestig
    Het jy al ooit daarvan gedroom om jou eie kaas te maak? Jy benodig dalk 'n krummelkaas vir een van jou geregte by die huis, maar wil nie winkel toe gaan nie? Martelize Brink gesels met Leon die Melkman om te hoor watter kaasprojekte jy by die huis kan aanpak.
    11 min
  • Driesestig
    Een genade van die huidige staat van inperking, is dat minder Karoo-skilpaaie doodgery of opgetel en weggery word, sê Pepi van der Merwe, eienaar van die gasteplaas Keurfontein naby die Karoodorpie Willowmore. Pepi het aan Mariska Spoormaker gesê die amper tjoepstil N9 maak dat hy nie meer so verskriklik asem moet inhou vir die skillies se veiligheid nie.
    8 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.