Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
January 28, 2020DriesestigMasturah Adams, kurator van die Bo-Kaap Kultuursentrum en hoof van Maatskaplike Welsyn by Boorhanol Islam Beweging, gesels oor die nuwe sentrum vir die kultuur van die Bo-Kaap....more19minPlay
January 27, 2020DriesestigKoos Bredenhand, 'n pionier van die telekommunikasiekabelbedryf in Suid-Afrika kuier in die ateljee. Hy en elf ander Suid-Afrikaners is in 1976 oorsee gestuur om te studeer om die bedryf hier te kom vestig....more20minPlay
January 27, 2020DriesestigAlba Brandt vertel hoe haar kinders in die Green School in Bali was terwyl hulle oorsee gewerk het. Met hulle terugkeer na Suid-Afrika het hulle die konsep hier kom vestig....more10minPlay
January 24, 2020DriesestigJohan Snyman en Jacques Meiring vertel vir Martelize Brink hoe Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie oor 10 jaar tot 'n groot mate die munisipale dienste oorgeneem het waar dit te kort geskiet het. Hulle bedien 3,000 huishoudings in hierdie Bloemfonteinse woonbuurt....more11minPlay
January 24, 2020DriesestigKoolstofdioksiedvrystellings moet binne die volgende elf jaar met 45% verlaag word as 'n ramp afgeweer wil word. So sê klimaatsverandering-deskundige, prof. Francois Engelbrecht. Lizma van Zyl praat in die eerste van twee programme met hom oor die bevindings van hulle interregeringspaneel-verslag, veral wat vir suidelike Afrika voorlê, gegewe die verwagte skerp temperatuurstygings oor die volgende paar dekades....more8minPlay
January 24, 2020DriesestigPeter Shrimpton en Barend Oosthuizen vertel vir Martelize Brink van die labarint met 120,000 spekbome, wat buite Stellenbosch aangeplant word. Dit sal 'n afstand van 5 km in, en 5 km uit hê....more10minPlay
January 23, 2020DriesestigBrunhild Strauss van die Noord-Kaap neem graag deel aan verskeie rolstoeluitdagings. Hy is al soggens vroeg op die pad om te oefen, en lewe 'n vol lewe. Jacqui January het met hom gesels....more6minPlay
January 23, 2020DriesestigIan Saunders gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor seismologie in Suid-Afrika....more15minPlay
January 22, 2020DriesestigIlze Ruthford is een van die plaaslike landboubedryf se voorste vroue-entrepreneurs. In 2014 is sy aangewys as wenner in die kategorie vir landbouverwerking, en toe het Haidee Muller 'n storie oor haar gedoen. Haidee het weer vir hierdie besturende direkteur van Compagniesdriftwynstoor gaan gesels oor hoe ver sy nou gevorder het in die bedryf. Ilze vertel ook van die kankerpad wat sy tans stap....more10minPlay
January 22, 2020DriesestigDr. Jako Volschenk gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor omgewingsvriendelike produkte, en die 'greenwashing' wat sommige ondernemings doen....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.