Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
February 07, 2020DriesestigOm deesdae gesond en lekker, maar ook klimaatslim te eet, is 'n uitdaging en almal het 'n stuiwer in die armbeurs te gooi oor wat nou eintlik die regte dieët vir die planeet is. Navorsing wys dat die voedselketting se koolstofvoetspoor groot afdrukke laat. Lizma van Zyl gesels met koskenner Aletta Lintvelt oor hoe ons klimaatslim kan eet sonder om afstand te doen van ons kosplesiertjies....more9minPlay
February 07, 2020DriesestigChris van der Westhuizen deel herinneringe van sy ma, wat alom bekendgestaan het as Tant Nellie Naald. Sy was desjare Prieska se top naaldwerkster....more10minPlay
February 06, 2020DriesestigDie bestuurder van die Suid-Afrikaanse Kinderhuis in Kaapstad, Sandra Collins, vertel van die uitdagings wat kinderhuise ervaar....more13minPlay
February 06, 2020DriesestigHet jy geweet potspel is heelbo op die lys van sportsoorte wat in Suid-Afrika beoefen word? Op 'n professionele vlak is die sport tradisioneel deur mans gedomineer, maar vroue tree al hoe meer toe tot die sportkode. Die 2019 Afrika- en Wêreldkampioen vir vroue is Suid-Afrika se Amy Claire King. Jacqui January gesels met Amy en haar agent, Johan Fourie....more8minPlay
February 05, 2020DriesestigJohan Rademan en Martelize Brink gesels met Zoë Steyn, Suid-Afrika se goue meisie van branderplankry....more12minPlay
February 05, 2020DriesestigCarmen Balie is 'n sielkundige wat honde gebruik tydens terapiesessies met kinders. Haidee Muller het met haar gesels oor haar passie, en hoe sy dit doen....more8minPlay
February 05, 2020DriesestigDr. Marlena Kruger bespreek haar loopbaan as radiografis, opvoeder en sielkundige, en brei uit oor die impak van mensgemaakte straling wat vanaf selfone, wi-fi, selfoontorings en antennas afkomstig is....more16minPlay
February 04, 2020DriesestigJonathan le Riche van Phatshoane Henney Prokureurs verduidelik die regsimplikasies van kameras wat jou in openbare gebiede dophou....more10minPlay
February 03, 2020DriesestigCoreen van der Merwe, 'n direkteur van Sovereign Trust Beperk, bespreek die nuwe Expat-belastingswet wat in Maart in werking tree....more11minPlay
February 03, 2020DriesestigMartelize Brink gesels met Naude Dreyer, 'n Suid-Afrikaanse apteker wat die Kaaimanseilande gebasseer is. Hy het besluit om 'n leer-vakmanskapkursus te voltooi. Hy vertel van die waarde van hierdie stokperdjie, en hoe baie hy binne vier dae geleer het om met leer te werk. Frik van Jaarsveld van die Leerakademie op Wellington gesels saam oor leerprodukte wat met die hand gemaak word as 'n loopbaan....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.