Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
February 12, 2020DriesestigDieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Johan Rademan van die waarde van borrie- en gemmertee....more9minPlay
February 12, 2020DriesestigDr. Jantjie Taljaard vertel vir Johan Rademan van die coronavirus, en aandag wat dit in die media kry....more13minPlay
February 11, 2020DriesestigNa aanleiding van die stigter van Ladismith Black Mambazo, Joseph Shabalala, se afsterwe, vertel Coenie de Villiers 'n mooi storie van Joseph se nederige reaksie op 'n versoek om sy Grammy-toekenning te besigtig....more4minPlay
February 11, 2020DriesestigTanya O'Connor het 'n paar jaar gelede die eerste inkleurboek vir volwassenes geteken. In weerwil van 'n rits terugslae in die lewe, verkies sy positiwiteit. Haar destydse blog, HELLO LEWE, het 'n gelyknamige boek geword waarin sy mense met haar stories inspireer. Haidee Muller gesels met haar oor die kind wat sy op 43 gehad het, hoe sy haar seuntjie motiveer, en hoe sy staande bly nadat sy vele geliefdes aan die dood afgestaan het....more8minPlay
February 11, 2020DriesestigPieter du Preez vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy deelname aan die OCC rolstoeluitdaging op George, en sy verskeie sportprestasies....more11minPlay
February 11, 2020DriesestigOp De Vlugt, 'n gehuggie langs die Prins Alfred-pas in die Suid-Kaap, het Mariska Spoormaker gesels met Tinkels, oftewel John Henry Ketchen, diaken van die Congregational Church vir De Vlugt en Boskloof. Voltyds is hy 'n plaaswerker - in sy vrye tyd roei Tinkels vrywillig indringerbome uit, want volgens hom is dit groen gemors....more6minPlay
February 10, 2020DriesestigBurgert Muller vertel vir Martelize Brink van vlieë en die 200,000 vlieë in die versameling van die Nasionale Museum in Bloemfontein....more11minPlay
February 10, 2020DriesestigPetra Broddle vertel vir Martelize Brink van nuwe plantspesies wat in Suid-Afrika en die wêreld ontdek word. Sy vertel ook hoe die spesies hulle name kry....more15minPlay
February 10, 2020DriesestigHaidee Muller het al die storie van Wayne Olivier vertel. Hy was langer as 10 jaar 'n volslae dwelmverslaafde. Hy het al op 16 met dwelsm begin eksperimenteer. Vandag is hy al 'n hele paar jaar lank skoon, en hy blink uit in kragoefeninge (powerlifting). Wayne het reeds sewe rekords in hierdie sport laat spat. Hy het Suid-Afrika einde verlede jaar in Finland verteenwoordig. Haidee het weer by hom gaan kuier, die keer om te hoor hoe goed hy daar in die verte gevaar het....more11minPlay
February 07, 2020DriesestigMartelize Brink gesels met Jan Boland Coetzee oor sy 1659-erepenning, die 2020-oes, sy liefde vir die natuur en die Bokke se oorwinning in die Wêreldbeker....more5minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.